... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sonder Woorde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 8:26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.

Ons leef in ‘n wêreld wat sukses en prestasie beloon. Ons leef in ‘n wêreld waar jy veronderstel is om onafhanklik te wees. Ons leef in ‘n wêreld waar ons geleer word dat sukses net van onsself afhang. Soms dra ons soveel pyn in ons binneste rond, dat ons nie daaroor kan praat nie. Of soms raak dinge so ingewikkeld, so verwarrend dat ons nie eers weet wat om vir God te sê nie. Ons weet nie hoe ons moet bid en waarvoor ons moet vra nie. Was jy al ooit in so ‘n situasie? Jou pyn is so erg dat jy nie die krag het om ‘n woord te bid nie. Jy wil, maar jy kan net nie. Al wat daar diep uit jou binneste kom, is ‘n kreun. Tweeduisend jaar gelede het die apostel Paulus byna die helfte van die boeke van die Nuwe Testament geskryf – sommige daarvan terwyl hy in die gevangenis opgesluit was. Daar kan dus geen twyfel bestaan ​​dat hy presies geweet het hoe pyn voel nie. Dis hoe hy dit beskryf in: Romeine 8:26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. Ek wil jou troos en sê dat in daardie oomblikke, wanneer jy nie eers weet waar om te begin nie; hang dit nie van jou af nie. God is nie afhanklik van jou, in jou oomblik van swakheid nie. Nee, inteendeel. Wanneer ons ons oë na Christus opslaan, is dit die Heilige Gees wat vir ons intree met gebed wat nie in woorde uitgedruk kan word nie. Wanneer ons net na Jesus kyk, te midde van die woordelose pyn en verlorenheid; dan my vriend, praat ons van ware gebed. En dit is al wat nodig is. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge