... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sorg vir Jouself

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Nehemia 9:17 Hulle het geweier om te luister, hulle het nie die wonderdade onthou wat U vir hulle gedoen het nie. Hulle koppe was hard, hulle het in verset gekom en wou in hulle koppigheid terug na hulle slawerny. Maar U is 'n God wat vergewe, genadig, barmhartig, lankmoedig, vol liefde. U het hulle nie verlaat nie.

Listen to the radio broadcast of

Sorg vir Jouself


Download audio file

“Ja, natuurlik glo ek in Jesus,” dink ons terwyl ons vrolik deur die lewe wals met ‘n geoefende gevoel van self belangrikheid, ‘n gevoel van eie geregtigheid, ‘n gevoel van gemak, wat God half uit die prentjie uitskuif. Is ek nou ongevoelig?

Ek het ‘n ruk gelede ‘n kat gehad met die naam Doggy (baie oorspronklik nè!). Maar sy was beslis ‘n kat en het altyd, soos katte se aard maar is, selfsugtig vir haarself eerste gesorg.

Ek het nou die dag gedink hoe baie ons soos katte geword het. Ons is baie vinnig om onsself eerste te stel. Ons is nommer een, en sommer twee en drie ook! En dit is die mensdom van vandag! Die eie-ek seëvier!

Kom ons stop net hier en dink dit goed deur. God kom na ons toe en maak ons vry van die slawerny en die gevolge van ons sonde deur Jesus, wat gesterf het, sodat ek en jy vergewe kan word. Hy het weer opgestaan, sodat ek en jy, soos die apostel Paulus dit stel, ‘n nuwe lewe kan lei.

Ons is vrygemaak van die slawerny van ons sonde, en tog, wanneer ons almal so sélf gesentreerd raak, is dit asof ons wil terugkeer na daardie slawerny.

In Nehemia 9:17 lees ons: Hulle het geweier om te luister, hulle het nie die wonderdade onthou wat U vir hulle gedoen het nie. Hulle koppe was hard, hulle het in verset gekom en wou in hulle koppigheid terug na hulle slawerny. Maar U is ‘n God wat vergewe, genadig, barmhartig, lankmoedig, vol liefde. U het hulle nie verlaat nie.

Miskien wil God vandag vir ons wakker skud deur hierdie versie. Miskien praat Hy met elkeen van ons, omdat ons in die versoeking is om terug te keer na ons slawerny, terug na ons eie-ek, terug na die knegskap en gevolge van ons sonde.

Maar weet jy God vergewe, Hy is genadig, barmhartig, lankmoedig, en vol liefde. Hy het jou nie verlaat nie.

Dit is God se Woord. Vars‚ vir jou vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge