... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Staan Op vir Wat Reg Is

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 31:8,9 Praat namens hulle wat nie self kan praat nie. Verseker dat daar reg geskied aan hulle wat hulpeloos is. Maak oop jou mond en lewer regverdige uitsprake. Laat reg geskied aan armes en ellendiges (NLV)

Of ons dit wil weet of nie, maar wanneer ek en jy vir mense vertel dat ons Christene is, verteenwoordig ons Jesus op die aarde. Dan vertel ons, deur wat ons sê en doen, aan die wêreld wie die Verlosser is, in wie ons sê, ons glo.

Dit is ‘n ontnugterende gedagte, is dit nie? Diegene wat Jesus nog nie ken nie, kyk na ons; ons gesindhede; ons woorde; ons gesigsuitdrukkings; die manier waarop ons ander behandel en hulle oordeel Jesus daarvolgens.

As ons in goddelike wysheid en nederigheid leef, spreek dit boekdele oor Jesus. Maar as ons in wêreldse eiebelang en skynheiligheid leef, is dit eweneens getuienis oor Jesus. Is dit regverdig teenoor Hom? Nee, maar dis baie verstaanbaar, want dit is hoe dinge werk.

Gister het ons gesels oor die realiteit dat die Christelike ‘ons’-identiteit wyd en syd voorkom; dat ons al te dikwels uit eie belang praat en optree, eerder as om in die nederigheid van Christus te leef.

En tog het Jesus dikwels opgestaan vir dit wat reg was, teenoor dit wat verkeerd was. Maar wanneer Hy dit gedoen het, was dit nooit vir sy eie belang nie, maar vir die belang van ander. Dít klink mos soos:

Spreuke 31: 8 en 9 Praat namens hulle wat nie self kan praat nie. Verseker dat daar reg geskied aan hulle wat hulpeloos is. Maak oop jou mond en lewer regverdige uitsprake. Laat reg geskied aan armes en ellendiges.

Dis tog die Christelike optrede van iemand wat Jesus volg! Beslis nie dié van mense wat namens hulself praat nie. Praat vir diegene wat nie vir hulself kan praat nie. Help diegene wat in die moeilikheid is. Beskerm die regte van die armes en behoeftiges. Staan op vir wat reg is, eerder as vir die eer van ons eie groep.

Jesus het geweet dit gaan ‘n groot prys vra. Doen dit in elk geval. Staan op vir hulle, nie vir jouself nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.