... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Stel Geloof Eerste

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 7:5 God het hom geen eiendom in hierdie land gegee nie, selfs nie 'n handbreedte daarvan nie. Maar Hy het wel belowe om dit as besitting vir hom te gee, en ná hom vir sy nageslag, alhoewel hy nog nie 'n kind gehad het nie.

Listen to the radio broadcast of

Stel Geloof Eerste


Download audio file

Soms lyk God se beloftes onmoontlik. As ons eerlik wil wees, lyk dit soms absurd. Maar God is die God van die onmoontlike. God is die God wat ons nooit in die steek laat nie … al neem Hy soms langer as wat ons verwag.

Het jy al ooit gesukkel om in God se beloftes te glo? Ek is ernstig, Hy maak ‘n paar baie groot beloftes, nie waar nie?

So het God vir Abraham, ‘n ou man wat geen kinders gehad het nie, beloof dat hy sy eie land en ‘n verskriklike groot nageslag sou hê. Dit is glad nie snaaks dat Abraham gesukkel het om die belofte te glo nie. Dit was beslis verregaande! Kyk wat lees ons in:

Handelinge 7:5 God het hom geen eiendom in hierdie land gegee nie, selfs nie ‘n handbreedte daarvan nie. Maar Hy het wel belowe om dit as besitting vir hom te gee, en ná hom vir sy nageslag, alhoewel hy nog nie ‘n kind gehad het nie.

God hierdie wonderlike manier om met gewone mense soos Abraham, en ek en jy ‘n pad te stap. Dis ‘n moeilike pad waarop ons soms swaarkry. Maar dis ‘n pad waar God nie slegs sy beloftes op ons harte skryf nie, maar ook waar Hy hulle op sy volmaakte tyd, vervul.

En as dit moeilik voel en sy beloftes onmoontlik lyk – soos dit beslis vir Abraham moes gelyk het wat 25-jaar moes wag – is al wat God van ons vra, om aan Hom vas te hou. Om aan te hou glo.

Dit is wat Abraham gedoen het. Hy het genoeg foute gemaak. Maar hy het vas geglo aan God se beloftes.

Ja, jy’s reg. Al die beloftes is nie in sy leeftyd vervul nie, maar God het hom ‘n seun, Isak, gegee. Interessant genoeg beteken die naam, Isak, “hy lag”. Nogal lagwekkend as ‘n mens dink hoe oud hy en sy vrou was!

Kyk God weet dat die reis soms vir jou moeilik is. Maar byt vas. Hou aan glo. Moenie tou opgooi nie.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge