... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Stewige Fondament

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 18:2 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.

Listen to the radio broadcast of

Stewige Fondament


Download audio file

Een van die grootste foute wat ons ooit kan maak, is om te dink dat ons ‘n goeie lewe kan hê sonder sterk fondamente. Baie probeer … asof ‘n struktuur sonder vaste fondamente ooit sal hou!

Hierdie VARS boodskap van vandag word regoor die wêreld in baie verskillende tale gelees, geluister en gekyk, Maar waar jy ook al woon, is die Sydney Hawe Brug, ‘n paar kilometer van my huis af, een van die landmerke waarvan die meeste mense weet.

‘n Vriend uit die VSA het my ‘n rukkie gelede besoek. Ek het hom geneem om onder die bekende brug te gaan stap. Van die onderkant af, sien jy dit uit ‘n perspektief wat die meeste mense dit nooit sien nie.

En ek moet jou vertel, van daar af, is dit enorm: 52 800 ton staal. Dit word aanmekaar gehou deur 6 miljoen klinknaels; is met 272 000 liter verf bedek en word elke dag deur ongeveer 200 000 voertuie  gebruik. Jy kan self dink dat die brug massiewe fondamente moet hê, wat diep op soliede rots gebou is, om die las te dra.

En as jy daaraan dink, is daar ‘n groot las op jou en my lewe. Dink aan die dinge waardeur jy gaan, die swaar wat jy moet dra, die chaotiese verkeer waarmee jy daagliks moet stoei. Sonder sterk fondamente wat in soliede rots geanker is, sal dit uiteindelik alles ineenstort. En ongelukkig is dit wat met baie mense gebeur. Ons lees in:

Psalm 18:3 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.

Bou jou fondament op die regte plek, op soliede rots en bou dit sterk. Laat die Here jou rots wees.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge