... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sukses in die Koninkryk

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 8:18-20 Toe Jesus die menigte mense rondom Hom sien, het Hy opdrag gegee om na die oorkant toe te vertrek. 'n Skrifgeleerde kom toe nader en sê vir Hom: “Meneer, ek sal u volg waar u ook al gaan.” Jesus sê vir hom: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens 'n rusplek vir sy kop nie.”

Listen to the radio broadcast of

Sukses in die Koninkryk


Download audio file

‘As die hele wêreld maar net om my wou draai.’ Is dit nie alte dikwels hoe ons dit wil hê nie? Ons weet dat dit onrealisties is, maar as ons eerlik is, wil ons regtig hê dat almal na ons pype moet dans; dat ons in beheer moet wees.

Die rede waarom ons so voel, is omdat ons geprogrammeer is met die idee dat die lewe – veral óns lewens – suksesvol moet wees. Wat is sukses? Wel, dit beteken dat ons in alles ons sin sal kry; dat ons alles sal kry wat ons wil hê en dat dinge op ons manier gedoen word. En weet jy, dis daardie standpunt wat ons verhouding met God vertroebel.

Dink vir ‘n oomblik ‘n bietjie terug aan jou gebedslewe. Hoeveel van jou gebede bestaan uit dít wat jy vir God vra? Jy vra vir goed, asof sy planne rondom jou begeertes moet draai, jou gemak, jou … sukses? Maar vir die Bybel is wêreldse sukses nie belangrik nie. Ons lees in:

Matteus 8:18-20 Toe Jesus die menigte mense rondom Hom sien, het Hy opdrag gegee om na die oorkant toe te vertrek. ‘n Skrifgeleerde kom toe nader en sê vir Hom: “Meneer, ek sal u volg waar u ook al gaan.”

Jesus sê vir hom: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens ‘n rusplek vir sy kop nie.”

God se plan vir jou en vir my is nie ‘n lewe van gemak nie, maar een van opoffering en soms, ja, soms van lyding. Dit is wat Hy vir die skrifgeleerde, wat Hom wou volg, duidelik wou maak.

Verstaan jy nie? As jy My wil volg, gaan dit nie ‘n maklike pad wees nie. Dit gaan nie ‘n lewe vol gemak en kompromieë wees nie, maar een van opoffering en selfs lyding.

Dit is wat dit beteken om jou kruis op te neem en Jesus te volg. Hy gaan nie volgens jou pype dans nie. Jy gaan nie in alles jou sin kry nie.

Jy kan besluit. Sal jy Hom in elk geval volg?

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.