... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Swaarkry Dien ‘n Doel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Job 23:10,11 Job 23:10,11 Maar Hy weet waarheen ek gaan! Wanneer Hy my toets, sal ek na vore tree suiwer soos goud uit ’n vuur. Want ek het op sy paaie gebly en Hom gevolg sonder om weg te draai. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Swaarkry Dien ‘n Doel


Download audio file

Die vraag wat in ons gedagtes maal wanneer ons, soos almal, van tyd tot tyd, deur ‘n moeilike tyd gaan, is: Hoekom gebeur dit met my? Hoekom gebeur dit?

Lyding is ‘n universele deel van ‘n mens se lewe. Daar is nie een enkele persoon wat vandag lewe, wat nog nie gely het nie. Daar is die pyn en ongemak van geboorte, die stampe en stote van grootword, die moeilike tienerjare … volwassenheid.

Trouens, ek sal verbaas wees as jy nie nou, terwyl ek hierdie prentjie van lyding skets, gedink het aan een van daardie moeilike, lastige of pynlike tydperke in jou lewe nie.

God, hoekom? Hoekom ek? Hoekom nou?

As jy al ooit die boek Job in die Ou Testament gelees het, sal jy weet dat dit oor ‘n man se lyding handel. Job was ‘n regverdige man. Hy het God geëer in alles wat hy gedoen het. En tog het God hom verskriklik laat ly. Hoofstuk na hoofstuk vra hy sy vriende, vra hy God … hoekom?! Maar op ‘n stadium beantwoord hy uiteindelik daardie vraag vir homself:

Job 23:10,11 Maar Hy weet waarheen ek gaan! Wanneer Hy my toets, sal ek na vore tree suiwer soos goud uit ’n vuur. Want ek het op sy paaie gebly en Hom gevolg sonder om weg te draai.

Dit kom daarop neer, dat alhoewel Job vir God geken het, al het hy sy lewe geleef soos God wou hê hy moes en al het hy nooit opgehou om God te volg nie … was die Here besig om hom te toets.

Wanneer ons deur ‘n moeilike tyd gaan, toets God ons geloof in Hom. Hy toets hoe opreg ons begeerte is om Hom, ten spyte van ons omstandighede, bo alles te eer.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.