... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Tyd Vlieg Verby

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 13:10,11. Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het.

Listen to the radio broadcast of

Tyd Vlieg Verby


Download audio file

Hoeveel tyd het jy oor om die mense om jou lief te hê? Wanneer sal jy jou laaste drukkie van ‘n geliefde ontvang of gee? Die antwoord is, ons weet nie. Dit beteken dat liefde ons hoogste prioriteit moet wees.

Dit is ‘n ontstellende gedagte, nè? Lewens kom in baie gevalle sonder waarskuwing skielik tot ‘n einde. Eendag sal ek my vrou, Jacqui, soen en ek sal haar vir oulaas omhels. En dan skielik kan een van ons weg wees. Dieselfde geld vir jou geliefdes.

Dit is nie slegs van toepassing op ‘n mens se geliefdes nie, maar ook die mense wat jou hewig omkrap; die mense wat jou irriteer. Eendag sal jou verhouding met hulle skielik vir altyd beëindig word. Wat ‘n tragedie sal dit nie wees, as jy nie elke geleentheid gebruik het om vir hulle liefde te bewys terwyl jy nog kon nie? Ons lees in:

Romeine 13:10,11 Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het. 

Ons leef inderdaad in ‘n belangrike tyd; ‘n tyd van beproewing; ‘n tyd van konflik; ‘n tyd van steeds groter wordende vervreemding; beide in die breë samelewing en in ons persoonlike verhoudings. Luister mooi – hier is die waarskuwing uit die Woord:

Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word

Wees lief vir daardie mense wat jy dalk verwaarloos het; daardie mense wat jy dalk seergemaak het …  Want om hulle lief te hê, is dieselfde as om God se wet te gehoorsaam. Wees lief vir hulle. Want die einde is nader, miskien baie nader, as wat jy dink.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.