... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Uit Die Dood Opgewek

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 2:6 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee,

Dink jy ooit aan die hemel? Dink jy aan die ewigheid, wat jy as gevolg van wat Jesus vir jou gedoen het, in God se teenwoordigheid gaan deurbring? Hoe dikwels?

Die natuurlikste ding ter wêreld is om te konsentreer op die dinge van hierdie wêreld; op die hede, op die dinge wat ons aandag daagliks verg – die goeie, die slegte en ook die lelike.

Moet my nie verkeerd verstaan nie; fokus is ‘n goeie ding as jy op die regte dinge fokus. Maar hoe enger jou perspektief word, hoe meer mis jy die glorieryke werklikheid van wie jy is, waar jy woon en waarheen jy op pad is.

Kyk wat staan in Efesiërs 2: 6 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ‘n plek in die hemel gegee,

Iets gebeur as ons ons vertroue in Jesus stel; as ons ons lewe in sy hande plaas. En dit is presies wat ons doen. Hy het ons uit die dood opgewek … die dood wat ons vir ons sonde sou moes betaal. Hy het ons gered van die verskriklike dood wat ons besig was om te sterf as gevolg van ons verskriklike sonde. 

Maar het jy die tweede deel van die versie verstaan? Hy het ons reeds saam met Jesus, in die hemel laat sit. Met ander woorde, ons ewigheid saam met Christus het reeds begin.

Dit is hoe ons daagliks hier op aarde leef, terwyl ons met ons gewone lewens aangaan. Jesus het reeds vir jou en vir my ‘n plek saam met Hom in die hemel voorberei.

Dis goed om gefokus te wees, maar moenie die fokus op die belangrikste werklikheid verloor nie. Onthou jy is uit genade gered en sit alreeds saam met Jesus in die hemel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.