... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Uit die Leeu se Bek Gered

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 4:17,18 Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking tot sy volle reg kon kom en al die heidennasies dit kon hoor. En ek is uit die bek van die leeu gered. Die Here sal my red van elke onheil en my behoue in sy hemelse koninkryk bring. Aan Hom kom die eer toe tot in alle ewigheid! Amen.

Listen to the radio broadcast of

Uit die Leeu se Bek Gered


Download audio file

Daar is tye in die lewe wanneer dinge redelik glad en pynloos verloop. Maar dan is daar ander tye wanneer alles om ons in duie stort, en op daardie stadium wil ons desperaat hê dat God moet inspring om ons uit die penarie te red.

Wanneer laas het dit met jou gebeur? Onthou jy? Was jy in verskriklike nood. Jy het regtig vir God nodig gehad om op ‘n kragtige, wonderbaarlike manier in te gryp; om jou, of iemand vir wie jy lief het, letterlik uit die leeu se bek te red. En toe begin jy bid en bid en bid … en partykeer tree God in. Ander kere nie.

Soms sal Hy ‘n geliefde van kanker genees … ander kere sal Hy hulle laat sterf. Dit voel amper soos ‘n lotery, of soos die opskiet van die munt. Nie baie bemoedigend nie, is dit? Is dit regtig hoe dit moet wees? Kyk watter raad Paulus aan Timoteus, sy jong volgeling, gee:

2 Timoteus 4:17,18 Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking tot sy volle reg kon kom en al die heidennasies dit kon hoor. En ek is uit die bek van die leeu gered. Die Here sal my red van elke onheil en my behoue in sy hemelse koninkryk bring. Aan Hom kom die eer toe tot in alle ewigheid! Amen.

En. . . wat sê hy hier? Ja, God het keer op keer ingespring om vir Paulus te red. Hoekom? Omdat God ‘n doel met sy lewe gehad het: om die Evangelie aan die heidene te verkondig. Maar dit sou nooit vir ewig aanhou nie. Paulus het dit geweet. Daarom het hy God vertrou om hom veilig in sy hemelse koninkryk in te bring.

Vertrou God. Hy weet wat Hy doen.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.