... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Veg vir jou Regte

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 8:32,33 “...“Hy is gelei soos ’n skaap na die slagplek, en soos ’n lam stil is by sy skeerder, só het Hy sy mond nie oopgemaak nie. Hy is verneder, en alle reg is Hom ontsê. Wie kan van sy nageslag vertel? Want sy lewe word van die aarde af weggevat.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Veg vir jou Regte


Download audio file

Ek het onlangs ‘aanstoot geneem.’  Nee, wag dis is heeltemal te sag uitgedruk! Ek was onlangs erg ontsteld deur iets wat ‘n baie gewilde Christen op Facebook geplaas het. Ek was inderdaad baie erg ontsteld.

Die man van wie ek praat het byna 400 000 volgelinge. Hy gee voor om ‘n Christen te wees. Dit is wat hy geskryf het: Dis tyd dat Christene vir hulself opstaan en mense begin boikot wat ons geloof minag.

Dié plasing het sowat 73 000 ‘likes’, 64 000 ‘comments’ en byna 5 500 ‘shares’ gekry. Nou ja, met ons geloof wat van alle kante aangeval word, lyk dit deesdae miskien nie so verregaande nie. Die idee om ‘op te staan vir jou regte’ het deesdae baie gewild geword onder Christene.

Maar net omdat iets gewild is, beteken dit nie dat dit skielik reg is nie. Hier was my reaksie op sy plasing:

Handelinge 8:32,33 ...“Hy is gelei soos ’n skaap na die slagplek, en soos ’n lam stil is by sy skeerder, só het Hy sy mond nie oopgemaak nie. Hy is verneder, en alle reg is Hom ontsê. Wie kan van sy nageslag vertel? Want sy lewe word van die aarde af weggevat.” (NLV)

Jesus was beslis nie besig om op te staan vir sy regte nie. Inteendeel. Hy het sy lewe vir sondaars soos ons afgelê. Hy het met sy lyding aan die Kruis vir ons die reg kom koop om kinders van God te word.

…soos ’n skaap na die slagplekHy is verneder, en alle reg is Hom ontsê.

Waar sou ons vandag gewees het as Hy sy onskuld voor Pontius Pilatus bepleit het, in plaas daarvan om stil te bly? Waar sal ons dan die ewigheid deurbring as Hy die Kruis vermy het? Nee. Jesus het Sy regte prysgegee, sodat ons kan lewe. Wat laat ons deesdae dink dat ons enigsins anders moet wees?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.