... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Eer van Mense Verwag Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Prediker 7:5 Dit is beter om vermaan te word deur iemand wat wysheid het, as om besing te word deur 'n dwaas.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Eer van Mense Verwag Nie


Download audio file

Hoe onlogies dit ook al lyk, begin die kritici ‘n boehaai opskop die oomblik wat ons begin om ‘n goeie lewe te lei. Hulle spot as ons begin om reg op te tree, om ons naaste lief te hê en om saam met God te werk om ons inherente swakhede te oorwin. 

Ongelukkig is dit waar, want ons leef in ‘n verdorwe samelewing. Klink dit ‘n bietjie kras? Kyk maar om jou rond na al die verkeerde dinge, wat deesdae onder ‘n nuwe naam, as ‘polities korrek’ bestempel word. Onsedelikheid is ewe skielik aanvaarbaar; net so ook selfsug, verdeeldheid en chaos.

Dink jy hierdie korrupte wêreld sal jou aanvaar wanneer jy in die geharwar instap met ‘n hart om Jesus te volg? Dink jy hulle sal jou passie om die verlorenes gered te sien, goedkeur?

Dr D James Kennedy het dit eenkeer so gestel: Verdraagsaamheid is die onwaarskynlikste deug van ‘n verdorwe samelewing. Wanneer jy ‘n onsedelike samelewing het, wat blatant, met trots al die gebooie van God oortree, is daar een laaste deug waarop hulle aandring: verdraagsaamheid vir húlle onsedelikheid.

Alhoewel ons tog ons bes kan doen om, met verskillende grade van sukses, die sondaar lief te hê, kan ons, as volgelinge van Jesus Christus, nooit in ons harte dít wat verkeerd is, nou as reg aanvaar nie. En as gevolg daarvan, sal die wêreld jou verdoem vir jou geloof in Jesus.

Dit kan moeilik wees, want ons hou daarvan om aanvaar te word. Ons almal ervaar gewetenswroeging, wanneer iemand ons kritiseer omdat ons aan God se Woord vashou. Ja, en dit is  iets wat deesdae met soveel heftigheid en bitsigheid op sosiale media gebeur.

As jy al daardie verwerping en bitsigheid ervaar het, is hier vir jou ‘n versie om aan vas te hou:

Prediker 7:5 Dit is beter om vermaan te word deur iemand wat wysheid het, as om besing te word deur ‘n dwaas.

Moenie verwag dat dwase mense jou sal prys nie. Hulle sal nie. Aanvaar eerder die raad van wyses.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.