... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Verander jou Denke en Verander jou Lewe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 23:27 Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is.

Listen to the radio broadcast of

Verander jou Denke en Verander jou Lewe


Download audio file

Elkeen van ons bestee baie tyd daaraan om te dink. Soms is dit positiewe gedagtes, ander kere, nou-ja, nie soseer nie. En ons gedagtes sê baie vir Jesus oor wie ons is. Ek waardeer opregte mense; mense wat innerlik en uiterlik dieselfde is. Mense wat jou nie om die bos lei deur mooipraatjies nie. Ek wil weet dat dít wat hulle sê en doen, uit hulle harte kom. Ek raak daarom nie ontsteld as mense kort-af en reguit is nie. Ek wil veel eerder weet wat hulle dink, as dat hulle een ding voor my sê en ‘n iets heel anders agter my rug sê. Ek is seker jy is dieselfde. Maar weet jy, as mense na ons, na jou en my kyk, wil hulle ook weet, dat hulle kan reken daarop dat ons opreg teenoor hulle is. Maar is ons altyd? Jesus het eenkeer vir ‘n klomp elite-godsdienstige leiers van sy tyd die volgende gesê: Ons lees: in Matteus 23:27 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is. Sjoe, dis regtig pynlik en direk, of wat sê jy? Die kern wat hier ter sprake kom, is ons gedagtes; dit wil sê wat ons met die grysstof tussen ons ore doen; ons gedagtes, dit waaraan ons dink. Jy kan nie aanhou om iemand in die stilligheid te verwens, en dan vir hulle te glimlag nie … want uiteindelik sal hulle agterkom dat dít wat jy vir hulle probeer voorhou, ‘n leuen is. Uiteindelik sal daardie dubbelsinnigheid jou duur te staan kom. Wees eerlik; waaraan dink jy die meeste van die tyd? Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge