... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vergewe die Onvergeefbare

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Mattheus 5:43,44 Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg

Listen to the radio broadcast of

Vergewe die Onvergeefbare


Download audio file

Die afgelope paar dae het ons gesels oor vergifnis, en miskien dink jy … nou ja, komaan Berni, laat ons oor iets anders praat. Ons sal môre vergewe. . .Maar vandag wil ek jou voorstel aan ‘n vrou wat alle rede gehad het, om nié te vergewe nie.

Ek het onlangs ‘n onderhoud met Lorraine gevoer. Haar seun is deur ‘n dronk bestuurder raakgery en vir dood agtergelaat. As die bestuurder net sou gestop het om te help, sou haar seun waarskynlik vandag nog gelewe het. Maar hy het nie en daarom is hy aan sy beserings dood.

Dit is maklik vir ‘n ou soos ek om oor vergifnis te praat, maar daardie onderwerp sny diep in die hart en krap ou wonde uit die verlede oop. Ek vra jou, wat beteken vergifnis in so ‘n situasie?

Wat my van Lorraine opgeval het, was dat sy die pyn van haar verlies, ‘n moeder se pyn, na baie jare nog in haar hart gedra het. Maar te midde daarvan, was sy vasbeslote om te vergewe.

Ek het haar sedertdien dopgehou. Die manier waarop sy genees het, is so wonderlik. Sy kan nooit verander wat gebeur het nie. Geen vorm van geregtigheid kan haar seun ooit terugbring nie. Maar haar keuse om te vergewe, het genesing in haar hart gebring. Jesus het dit die volgende oor vergifnis gesê:

In Matteus 5: 43,44 staan: “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg

Hm, wees lief vir jou vyande en bid vir hulle. Is dit maklik? Nee. Maar ek dink dat dit vir Lorraine, alhoewel dit baie moeilik was om die optrede van daardie dronk bestuurder wat haar seun heeltemal alleen laat sterf het, te vergewe, dit veel makliker is, as om die kanker van onvergewensgesindheid vir die res van haar dae saam te dra.

Wees lief vir jou vyande en bid vir hulle.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge