... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vergifnis is Genesend

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 6:14,15 As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.

Listen to the radio broadcast of

Vergifnis is Genesend


Download audio file

Vergifnis is nie iets waaroor daar deesdae baie gepraat word nie. En tog sal die seer van die verlede nooit weggaan, totdat ons diegene wat ons seergemaak het, vergewe het nie.

Dit is verbasend hoeveel mense in ‘n nimmereindigende siklus van onvergewensgesindheid vasgeketting is aan die seer van die verlede. Maar weet jy, dit is ‘n ernstige saak vir Jesus. Hy het ‘n paar baie onpopulêre dinge gesê oor ons versuim om te vergewe:

In Mattheus 6:14,15 staan: “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.

Onthou, dit is Jesus se woorde, nie myne nie. En Hy stel dit baie duidelik sodat ons almal dit kan verstaan.

Ons leef onder hierdie valse verwagting dat dinge reggestel moet word, dat geregtigheid moet geskied, voordat ons kan laat gaan en vergewe. Maar so dikwels sal geregtigheid nie geskied nie. Só dikwels is die een wat jou te nagekom het, onbewus daarvan.

Nee, ons weet mos, alle probleme word nie maklik opgelos en met ‘n mooi, netjiese lintjie vasgemaak nie. Hoe vergewe ons dan? Jesus leer ons om ons reg op vergelding prys te gee, soos wat Hy vir ons op daardie wrede Kruis gedoen het.

Dink mooi daaraan. Hy het sy lewe gegee, sodat ek en jy vergewe kan word. Dink jy dit het vir Hom regverdig gelyk, toe Hy vir daardie verskriklike ure met sy volle gewig aan daardie wrede spykers deur sy hande en voete gehang het?

En tog, deur sy wonde, is ons genees.

En as ons besluit om, ten spyte van ons pyn, te vergewe – ja, vergifnis het altyd ‘n prys – dan genees Hy die seer van die verlede.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge