... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Verlang Jy na Geliefdes?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 27:10 Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem.

Soos ons hierdie Kersweek binnegaan, sien sommige mense uit na ‘n wonderlike familiebyeenkoms. Ander, nie. 

Vandag sou my suster se vyf-en-sestigste verjaardag gewees het. Sy is net meer as twee jaar gelede aan velkanker oorlede, nadat sy die grootste deel van haar lewe vreeslik gely het aan skisofrenie.

Vir my en my negentigjarige ma, is vandag, as ons aan Cori terugdink en haar vreeslik mis, ‘n treurige dag. En wanneer ons as gesin Kersfees vier, is daar hartseer, omdat haar plekkie aan die tafel leeg is.

Daar is baie ander mense wat ook in hierdie tyd ‘n gemis voel. Miskien is dit die dood van ‘n geliefde, of ‘n gebroke gesin. Vir sommige hou dit ‘n groot eensaamheid in, omdat hulle Kersfees alleen moet deurbring. As jy hierdie emosies ervaar, wil ek vandag hierdie Woord met jou deel:

Psalm 27:10 Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem.

Daar is min dinge wat so erg kan wees as om deur jou ouers verlaat te word. Maar die psalmis weet dat al verlaat sy ouers hom, sal die Here hom altyd nog versorg.

Jesus verstaan dit. Terwyl Hy daar aan die Kruis gehang het, is hy deur almal verlaat; deur sy familie, deur sy vriende – Hy is selfs van sy Vader in die hemel verlaat, omdat my en jou sonde ‘n skeidsmuur tussen hulle gevorm het. 

Jesus, die Jesus wat vir jou gely het, die Jesus wie se geboorte ons oor ‘n paar dae sal herdenk – daardie einste Jesus is die Here wat by jou sal wees, al is die spesiale mense nie meer by jou nie.

Jou Jesus is.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.