... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Verlep Jy?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 58: 11 Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in die dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ‘n tuin met volop water, soos ‘n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

Listen to the radio broadcast of

Verlep Jy?


Download audio file

Dit is ‘n hartseer ding om te sien hoe ‘n pragtige potplant verwelk, hoe sy blare hang en hoe hy verdor, net omdat iemand vergeet het om hom water te gee. Dit is nog hartseerder om iemand te sien wie se lewe baie soos daardie verdorde potplant lyk.

Ek moet belydenis doen. Daar was al tye wat die potplante op my woonstelbalkon verwelk het, omdat die uwe vergeet het om hulle nat te gooi. Die son sak, die grond droog uit en hulle begin doodgaan.

En ek weet dat daar mense is wat presies soos daardie vergete potplant voel. Daar is tye in ons wandel met Jesus wat dit vir ons voel asof Hy ‘n tree terug gegee het en ons alleen gelaat het. Dit voel asof, in plaas van daardie lewendige, oorvloedige lewe wat Hy belowe het, wel … dit voel asof ons gaan sterf.

Net ingeval jy vandag, of ooit in die toekoms so voel, wil ek ‘n gedeelte uit die Woord met jou deel. ‘n Belofte van God waarop jy kan staatmaak … want Hy wil hê dat jy (en ek) moet leer om op Sy Woord te vertrou; leer om op Hom te vertrou. Is jy gereed? Hier is dit:

Jesaja 58: 11 Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in die dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ‘n tuin met volop water, soos ‘n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

Sien jy die woord altyddeur? Ander vertalings gebruik die woord “voortdurend” – met ander woorde, sonder ophou, sonder ooit om moedeloos te word met jou. Die woorde: ‘Ek sal jou nooit in die steek laat of jou verlaat nie’ is vandag net so waar soos toe die Here dit die eerste keer gesê het.

Nou sê my, hoe kry jy die lewende water? Waar kry jy die krag vir daardie lam bene? Die antwoord is: Kom na Jesus toe.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.