... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vermy Sonde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 97:10-12 Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars, Hy red hulle uit die greep van die goddelose. Vir die regverdiges het daar lig gekom, blydskap vir die opregtes. Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam.

Listen to the radio broadcast of

Vermy Sonde


Download audio file

Daar is twee benaderings tot byna alles in die lewe. Die eerste een is beslis die populêrste een. Dit is die halfhartige benadering. Die tweede; die een wat kampioene volg, is die roete van volle, 100% oorgawe en toewyding.

As die twee uiteenlopende keuses op alles in die lewe van toepassing is; soos ‘n huwelik, ouerskap, ‘n loopbaan en wat ook al, dan is dit beslis ook van toepassing op elke persoon wat Jesus volg.

Maar ongelukkig, volg so baie mense onbewustelik die halfhartige benadering. Hulle ingesteldheid word een van “Waarmee kan ek wegkom?” eerder as “Wat kan ek prysgee en wat kan ek opoffer, om God bo alles te eer?”

Ons weet almal dat die lewe wentel om die keuses wat ons maak. En alhoewel, God ons altyd ‘n keuse gee, is dit redelik duidelik watter een Hy wil hê ons moet kies:

Psalm 97:10-12 Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars, Hy red hulle uit die greep van die goddelose. Vir die regverdiges het daar lig gekom, blydskap vir die opregtes. Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam.

Wanneer ons onbewustelik in ‘n halfhartige verhouding van Jesus wegdryf, lei daardie klein kompromieë ons kort voor lank direk na die bose. Dit is so maklik om weg te dryf in situasies waar ons daagliks deur al die bose mense rondom ons aangemoedig word om die verkeerde keuses te maak.

Wanneer ons die pad van kampioene volg en altyd op soek is na wat ons kan opoffer om God met ons lewens te dien en wanneer ons die bose vermy, nee – wanneer ons die bose verag … dan is daar skielik ‘n oorvloedige dividend wat ons nooit verwag het nie.

God beskerm sy volgelinge, Hy red hulle uit die mag van goddelose mense. Hy laat sy lig oor ons skyn wanneer ons die begeerte het om regverdig te lewe. En daarby vul Hy ons met Sy vreugde.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy