... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vloei saam met die stroom

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 66:5-7 Kom hoor wat God gedoen het, kom hoor van sy magtige dade onder die mense: Hy het die see in droë land verander; sy volk het droogvoets deur die rivier getrek. Toe het ons gejubel oor Hom wat ewig heers deur sy mag en die nasies in die oog hou. Die vyande moet hulle nie teen God verset nie!

Listen to the radio broadcast of

Vloei saam met die stroom


Download audio file

By watter deel van jou lewe, dink jy, wil God betrokke wees? Is dit net die geestelike en die emosionele sy? Of is jy bewus van Sy heerskappy, Sy koninkryk, Sy voorsiening en seën in elke deel van jou lewe?

20072Ek en my vrou, Jacqui, het jare gelede ‘n pragtig gerestoureerde negentiende-eeuse skakelhuis besit. Maar toe sien ons eendag ‘n verwaarloosde ou huis, teen ‘n winskopie. Wat moet ons doen? Moet ons, ons bestaande huis teen ‘n wins verkoop en die nuwe huis koop en al die opknapwerk doen?

Dit was ‘n baie groot besluit. Ons het daaroor gebid – Here, wat wil U hê moet ons doen? Wat is U besig om vir ons te leer? En ons het altwee gevoel dat God wil hê dat ons die stap moet neem, hoewel ons nie heeltemal seker was hoekom nie. Ons het toe die ou huis gekoop en ons bestaande huis op die mark geplaas.

Om te koop voordat jy verkoop het, kan ‘n riskante besigheid wees. Maar ek moet jou sê, dit het alles baie goed uitgewerk. Wat ‘n seën!

En dan vra mense: “Raak God regtig betrokke by daardie soort alledaagse, afgesaagde dinge in ons lewe?” Natuurlik! Ons lees in:

Psalm 66:5-7 Kom hoor wat God gedoen het, kom hoor van sy magtige dade onder die mense: Hy het die see in droë land verander; sy volk het droogvoets deur die rivier getrek. Toe het ons gejubel oor Hom wat ewig heers deur sy mag en die nasies in die oog hou. Die vyande moet hulle nie teen God verset nie! 

Ons het so dikwels al gesien hoe God wonderlike dinge in ons lewens doen. En waarom sal Hy dit nie doen nie? As jy jou hart vir Hom gegee het, Hom met erns volg, Hom eer, en sy Naam grootmaak … sal jy Hom in jou alledaagse lewe ervaar.

Kom hoor wat God gedoen het!

Jy dien ‘n magtige God. Wees gereed om spraakloos van verwondering te wees oor dít wat Hy gaan doen!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.