... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vra die Regte Vraag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Levitikus 20:7,8 Sonder julleself af om heilig te wees, want Ek, die Here, is julle God. Hou my gebooie en wees gehoorsaam, want Ek is die Here wat julle heilig maak.(NLV)

Te veel sogenaamde Christene vra die verkeerde vrae. In plaas daarvan om te wonder oor hoe hulle God deur hulle onberispelike lewe gaan eer, vra hulle hulself af, waarmee kan ek wegkom?

Miskien dink jy ek is krities en veroordelend. Maar hoekom is dit dan dat ek so baie mense ken, wat hulself Christene noem, en dan byvoorbeeld gereeld TV-programme met grafiese sekstonele kyk?

As hulle Jesus vir aandete by hulle gehad het, sou hulle regtig nadat hulle die skottelgoed weggepak het, saam met Hom gaan sit het en daardie selfde program gekyk het? Regtig?

O Berni, jy is so … godsdienstig. Nes … ‘n Fariseer. So … uit voeling met die lewe. Wel, miskien is ek. Maar kom ons kyk wat sê die 

Woord van God in: 

Levitikus 20:7,8 Sonder julleself af om heilig te wees, want Ek, die Here, is julle God. Hou my gebooie en wees gehoorsaam, want Ek is die Here wat julle heilig maak.

Die Hebreeuse betekenis van die woord ‘heilig’ is om skoon, rein, geheilig en afgesonder vir God te wees.

En waarom moet ons so leef? Want Hy is die Here ons God. 

Waarom moet ons Hom gehoorsaam? Omdat Hy ons Here is wat op ons lewenspad saam met ons wil werk, deur ons te heilig.

In beide gevalle is die antwoord op die “waarom?” vraag – omdat Hy die Here ons God is. Is Hy? Is Hy werklik die Here van jou lewe? Ek vra die moeilike vraag hier, want dit is werklik belangrik.

Het jy Jesus die Here van jou lewe gemaak? Wel? As jy het, hou op om kortpad te vat! Hou op om te vra “Met hoeveel kan ek wegkom?” Dis eenvoudig die verkeerde vraag as Hy die Here jou God is.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.