... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vrede en Vernietiging

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 26: 3-6 U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is. Vertrou deurgaans op die Here, want die Here God is vir altyd ’n veilige toevlug. Hy verneder die trotses, en die arrogante stad gooi Hy in die stof neer. Hy gooi die mure om! Die arm en verdrukte mense vertrap dit onder hulle voete.

Listen to the radio broadcast of

Vrede en Vernietiging


Download audio file

Een van die populêre argumente teen die bestaan van ‘n almagtige, liefdevolle God, is die lyding wat in hierdie wêreld voorkom. Daar word beweer dat óf God ons nie lief genoeg het om dit te stop nie, óf dat Hy nie in staat is om dit te stop nie.

Op die oog af klink dit na die perfekte argument teen enige idee dat so ‘n liefdevolle God bestaan. Daar word nie net gevra: Hoe kan ‘n God van liefde al hierdie lyding toelaat nie? Maar erger nog, hoe kan hierdie God van liefde eendag sommige van ons in die vurige ewigheid van die hel laat gooi?

Maar, kyk na al die boosheid in hierdie wêreld, wat veroorsaak word deur die vrye wil wat God aan elkeen van ons gegee het. En skielik, te midde daarvan, maak die werklikheid van God se uiterste liefde, sy krag en sy oordeel skielik sin.

Jesaja 26:3-6 U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is. Vertrou deurgaans op die Here, want die Here God is vir altyd ’n veilige toevlug. Hy verneder die trotses, en die arrogante stad gooi Hy in die stof neer. Hy gooi die mure om! Die arm en verdrukte mense vertrap dit onder hulle voete.

As God waarlik God is, dan maak dit baie sin. Hy is daar om aan diegene wat op Hom vertrou, vrede te gee en aan diegene wat van Hom afhanklik is, veiligheid. Maar Hy sal vernietiging en straf bring oor die hoogmoediges en oor diegene wat die armes onderdruk. Hy sal al hulle groot werke in puin verander, sodat die armes en nederiges dit in die grond kan vertrap.

Die God van liefde. Die God van geregtigheid en getrouheid. Hy is Almagtig.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.