... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vry van die Mag van Duisternis

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 1:13,14 Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.

Listen to the radio broadcast of

Vry van die Mag van Duisternis


Download audio file

Baie Christene word deur die duisternis wat oor die hele wêreld kruip, aangetrek en op ‘n verskriklike manier verlei. ‘n Bose kleed van onheil bedek die harte van manne en vroue, selfs kinders soos nog nooit tevore nie.

In die laaste tyd, terwyl die duiwel toegejuig word en die kwaad meer en meer die norm word, is die maklikste ding, om toe te gee aan die kruipende duisternis. Ja dis wat gebeur; mense gee in en word selfs deel daarvan.

As die saak verlore lyk, weet jy immers wat hulle sê, jy moet net sorg dat jy aan die wenkant bly. Jesus het net voor sy arrestasie in Getsemane, vir mense soos ek en jy by sy Vader in die hemel ingetree. Ons lees in:

Johannes 17:15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar.

Alles is in der waarheid nie duister nie, al lyk dit donker, want Jesus het vir ons gebid. En hier, aan die ander kant van die Kruis en die leë graf weet ons:

Kolossense 1: 13 en 14 Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.

Ons leef in die wêreld, maar ons behoort nie aan die wêreld nie. Alhoewel ons omring word deur hierdie nader kruipende duisternis, wat dreig om die wêreld te oorweldig, is ons – jy, ek en enigiemand anders wat in Jesus glo, vry van die mag van die duisternis, omdat Jesus vir ons gesterf en opgestaan het.

Moenie jou laat verlei nie. Moet nooit weer deel word van die duisternis nie. Jy is vry.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.