... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vryheid moet Opbouend Wees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 10:23,24 Daar is mense wat sê: “Alles is geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is geoorloof,” sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie. 'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander.

Listen to the radio broadcast of

Vryheid moet Opbouend Wees


Download audio file

Jesus het belowe dat as Hy ons vry maak, sal ons werklik vry wees! Regtig, heeltemal vry. En tog beteken vryheid verskillende dinge vir verskillende mense. Wat beteken vryheid vir jou?

Dit was beslis ‘n baie interessante tyd toe die Nuwe Testament destyds geskryf is. Dit is die tyd toe die Christendom gebore is uit Judaïsme. Ons nuwe verhouding met God, naamlik die ‘Nuwe Verbond’ is gebore uit ons ou verhouding met Hom, die ‘Ou Verbond’.

Dit het beteken dat die nuwe gelowiges, diegene wat geglo het aan die dood en opstanding van Jesus, die Seun van God, vry was van ‘n hele klomp ou reëls. Dit was skielik aanvaarbaar om byvoorbeeld varkvleis te eet. Skielik het baie van die godsdienstige rituele van die verlede nie meer saak gemaak nie.

Daarom skryf Paulus in:

1 Korintiërs 10: 23,24 Daar is mense wat sê: “Alles is geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is geoorloof,” sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie. ‘n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander.

Met ander woorde, jy moet nie jou nuutgevonde vryheid gebruik as lisensie om te doen net wat jy wil nie. Moet dit nie nou sien as die reg om op ander mense te trap nie. Dit was destyds in daardie konteks waar en dit is vandag nog waar.

Hopeloos te veel Christene is gefokus op hul vryhede, hul regte, dit waarop húlle geregtig is … en hulle vergeet dat dit dikwels ander mense kan seermaak wanneer hulle daarop aandring. Ons vergeet dat ons dikwels op ander trap as ons opstaan.

As die Seun van die mens (Jesus) jou vrygemaak het, dan is jy inderdaad vry … Ja, maar alles is nie opbouend nie. ‘n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander..

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.