... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Waarom jy nie die Ander Ou kan Verander Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 2:24-26 'n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wat onreg kan dra. Met vriendelikheid moet hy teenstanders teregwys. Dit kan wees dat God hulle bekeer en hulle tot kennis van die waarheid bring. Dan sal hulle weer tot nugtere insig kom en vry raak uit die vangstrik van die duiwel, waarmee hy hulle gevange gehou het om sy wil te gehoorsaam.

Listen to the radio broadcast of

Waarom jy nie die Ander Ou kan Verander Nie


Download audio file

Een van die mees frustrerende dinge in verhoudings is dat ander mense soms so onnosel kan wees. (Natuurlik praat ons nie van onsself nie, maar van hulle.) En het jy opgelet hoe koppig hulle is? Dis byna onmoontlik om hulle van hul standpunt te laat afsien.

Ja, ek weet jy weet waarvan ek praat. Ons was almal al in daardie posisie. Jy kan sien iemand is op die verkeerde pad. Jy kan die skade wat dit veroorsaak, of gaan veroorsaak, alreeds sien kom. Hulle weier hardnekkig om te luister, al stry jy met hulle totdat jy blou in die gesig is. Hoekom is dit so moeilik om iemand te verander?

Ek het nou die dag hierdie stelling iewers raakgeloop en gedink dis in die kol: Dink hoe moeilik dit is om jouself te verander en jy sal verstaan hoe belaglik klein jou kans is om iemand anders te verander.

Is dit nie waar nie?! Hoe moet jy op ‘n goddelike manier daardie moeilike persoon hanteer?

2 Timoteus 2:24-26 ‘n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wat onreg kan dra. Met vriendelikheid moet hy teenstanders teregwys. Dit kan wees dat God hulle bekeer en hulle tot kennis van die waarheid bring. Dan sal hulle weer tot nugtere insig kom en vry raak uit die vangstrik van die duiwel, waarmee hy hulle gevange gehou het om sy wil te gehoorsaam.

Wanneer ons hulle probeer leer, het ons goddelike vriendelikheid, geduld, en sagmoedigheid nodig… sodat God met hulle kan werk. Want ons weet dis net Hy wat hulle kan verander. Net Hy kan hulle bevry van die duiwel se strikke. Onthou die drie woorde: Vriendelikheid, geduld en sagmoedigheid.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy