... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Waarom Verraad So Pynlik Is

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 26:14-16 Toe het een van die twaalf dissipels, die een wat Judas Iskariot genoem is, na die priesterhoofde toe gegaan en gesê: “Wat sal julle my gee as ek sorg dat Jesus in julle hande kom?” Hulle het hom toe dertig silwermuntstukke betaal. Van toe af was hy op die uitkyk na 'n geskikte geleentheid om Jesus te verraai.

Listen to the radio broadcast of

Waarom Verraad So Pynlik Is


Download audio file

Wanneer laas het iemand jou verraai? Jy het hulle vertrou, jy het hulle eerbaar behandel en hulle geseën. En toe eendag skielik draai hulle teen jou en steek jou in die rug.

Ons het sekerlik almal al so iets ervaar. Ons weet daar is min dinge wat so seermaak soos die verraad van ‘n vriend. Ja, die hartseerste ding van verraad is dat dit nooit van jou vyande af kom nie.

Wanneer jou vyand jou aanval, is dit nie ‘n verrassing nie; dis net wat jy van hom sou verwag. Dit is immers wat vyande doen. Ja, dit kan die lewe enersyds moeilik en pynlik maak, ja, dit kan jou selfs in vrees laat lewe, maar aan die anderkant het jy dit in elk geval van jou vyand verwag. In ‘n sekere sin is dit dus glad nie verraad nie.

Nee, verraad kom van iemand naby jou, ‘n vriend of ‘n geliefde. Ons het hulle vertrou en dan, skynbaar sonder waarskuwing, draai hulle hulle rug op ons:

Matteus 26: 14-16 Toe het een van die twaalf dissipels, die een wat Judas Iskariot genoem is, na die priesterhoofde toe gegaan en gesê: “Wat sal julle my gee as ek sorg dat Jesus in julle hande kom?” Hulle het hom toe dertig silwermuntstukke betaal. Van toe af was hy op die uitkyk na ‘n geskikte geleentheid om Jesus te verraai.

Dertig silwerstukke. Natuurlik was dit baie geld, maar was dit regtig die lewe van die Seun van God werd? Judas was een van die twaalf. Hoe kon hy Jesus verraai? Dit is verskriklik dat dit iemand in hulle binnekring was, wat so iets kon doen. Dis waarom dit so seer gemaak het.

Wanneer jy die volgende keer verraai voel, gaan na Jesus. Hy het dit al ervaar. Hy verstaan heeltemal. Maar weet jy, Jesus het in liefde  gereageer op hierdie verskriklike verraad.

Die volgende keer wanneer ‘n persoon naby jou so ‘n pyl deur jou hart skiet, gaan dadelik na Jesus. Hy kan daardie seer genees.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.