... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer Daar Duisternis Heers

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 22:52,53 Toe sê Jesus vir die priesterhoofde, die offisiere van die tempelwag en die familiehoofde wat teen Hom opgetrek het: “Trek julle met swaarde en stokke uit soos teen 'n rower? Dag vir dag was Ek saam met julle in die tempel, en julle het nie 'n hand uitgesteek om My te vang nie. Maar nou dat die tyd vir die duistere magte daar is, het julle julle kans.”

Listen to the radio broadcast of

Wanneer Daar Duisternis Heers


Download audio file

Ons kan nie stry, dat daar deesdae ‘n naderende duisternis is, wat besig is om oor ons wêreld toe te sak nie. Dit lyk al hoe meer asof  ‘n wrede boosheid hierdie wêreld omsluit. Dit is ‘n werklikheid wat baie gelowiges geskok en selfs moedeloos laat. Wat op dees aarde is hier aan die gang, Here?

Waar ek woon, het die regering onlangs wetgewing uitgevaardig om die aborsie van ongebore babas tot op geboorte toe te laat. En die ding wat my werklik tot in my siel geskok het, was nie slegs dat hierdie moordadige daad in ‘n beskaafde, demokratiese land toegelaat word nie, maar dat hierdie volksmoord op ongebore kinders toegejuig en as ‘n fundamentele mensereg gevier is.

Here, hoe kan U dit laat gebeur? Waarom het U hulle nie gekeer nie?

Die heel slegste wat ek as Christen kan doen, ja, die slegste wat jy kan doen as jy ook een is, is om in moedeloosheid te verval. As ons saam met Jesus en sy dissipels in Getsemane was, toe Hy gearresteer is, sou ons waarskynlik ook totaal moedeloos geword het. Maar luister na wat sê HY in: 

Lukas 22: 52 en 53 Toe sê Jesus vir die priesterhoofde, die offisiere van die tempelwag en die familiehoofde wat teen Hom opgetrek het: “Trek julle met swaarde en stokke uit soos teen ‘n rower? Dag vir dag was Ek saam met julle in die tempel, en julle het nie ‘n hand uitgesteek om My te vang nie. Maar nou dat die tyd vir die duistere magte daar is, het julle julle kans.”

Daar was inderdaad ‘n tyd dat God se eie Seun verraai en gekruisig moes word. Daar was ‘n tyd vir duisternis om te heers. Maar uit daardie duisternis het ‘n groot lig gekom, want Christus het opgestaan en die poorte van die hemel oopgemaak vir almal wat glo.

Ja, ons leef in ‘n tyd waarin duisternis heers. Maar Jesus kom! 

Hy is trouens, deur Sy Gees in jou en deur jou, reeds hier. Laat jou lig dus in die duisternis skyn, want die duisternis sal dit nooit uitdoof nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.