... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer Dit Reën

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 1:18-21 Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus. Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal ‘n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”

Toe ek vanoggend vroeg in my studeerkamer sit en hierdie boodskap voorberei, sien ek deur my venster hoe dit reën. Dit het my laat dink.

Wanneer jy by die voordeur uitstap en ‘n koue wind waai terwyl die reën neersak … is dit nie glad nie lekker nie, nè?

Nee, ons hou van sonskyndae. Ons verkies die maklike lewe. As ons eerlik wil wees, wil ons alles op ‘n goue skinkbord kry. Maar die lewe is nie so eenvoudig nie. En weet jy dat dit ook nie daardie eerste “Kersfees” maklik was nie? (Nou nie dat dit destyds Kersfees genoem is nie.)

Matteus 1:18-21 Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus. 

Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal ‘n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”

Miskien is die omstandighede hierdie Kersfees, ver van ideaal. Dit lyk asof ander mense ‘n wonderlike tyd ervaar, en jy wonder waaroor hierdie Kersfees gaan?

Dit gaan hier oor God se liefde vir jou, wat so groot is, dat Hy te midde van omstandighede wat alles behalwe ideaal was, sy Seun, Jesus gestuur het, om jou van jou sonde te red.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.