... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer Iemand Anders Swaarkry

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Samuel 1:4,5 Elkana het gewoonlik op die dag wanneer hy geoffer het, dele van die offermaaltyd aan sy vrou Peninna en al haar seuns en dogters gegee. Alhoewel hy vir Hanna liefgehad het, kon hy vir haar elke keer net een deel gee, want die Here het haar kinderloos laat bly.

Listen to the radio broadcast of

Wanneer Iemand Anders Swaarkry


Download audio file

Hoe reageer jy as iemand anders ly? Dit is nie maklik, nè? Aan die een kant voel jy hulpeloos, en aan die anderkant, as jy sou inwillig om te help, besef jy jou hulp gaan baie van jou vra. Nou ja, hoe reageer jy?

Gister het ons vir Hanna in die Ou Testament ontmoet. Waar Elkana se ander vrou vrugbaar was, was Hanna nie in staat om vir hom kinders te baar nie. Ons sien in:

1 Samuel 1: 2 Hy het twee vrouens gehad. Die een vrou se naam was Hanna en die ander die vrou s’n Peninna. Peninna het kinders gehad, maar Hanna nie.

Wat Hanna se lyding erger gemaak het, was Peninna se gespot en vernedering. Ag nou ja, ek is so bly dat ek net een vrou het. Maar destyds was dit nie die geval nie.

Dit sou seker vir Elkana makliker gewees het om Peninna bo Hanna te verkies. Dit was immers Peninna wat vir hom kinders gegee het. Dit was asof Peninna sy guns verdien het, terwyl Hanna neerslagtig en huilerig was. Ja, dit lyk vir ons asof dit baie makliker sou gewees om Peninna meer aandag te gee en om vir Hanna te vermy. Maar Peninna was nie die een wat Elkana verkies het nie. 

In 1 Samuel 1: 4,5 staan: Elkana het gewoonlik op die dag wanneer hy geoffer het, dele van die offermaaltyd aan sy vrou Peninna en al haar seuns en dogters gegee. Alhoewel hy vir Hanna liefgehad het, kon hy vir haar elke keer net een deel gee, want die Here het haar kinderloos laat bly.

Elkana het Hanna liefgehad. Ek is seker dat dit nie aldag vir Elkana maklik was om haar buie te hanteer nie. Sy liefde kon nie die leemte van ‘n kind in Hanna se hart vul nie. Maar Elkana was besorg, geduldig en liefdevol teenoor haar. 

Om iemand met ‘n groot seer in hulle lewe lief te hê, is ‘n belegging. Dit vra baie opoffering van jou kant af. Dit is hoe dit bestem is om te wees.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag