... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer Jy Nie in God Glo Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jeremia 17:5,6 So sê die Here: Daar rus 'n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai; hy is soos 'n kaal bossie in droë wêreld wat nooit water kry nie; 'n bossie wat in 'n klipwoestyn staan, in 'n brak wêreld waar niemand woon nie.

Listen to the radio broadcast of

Wanneer Jy Nie in God Glo Nie


Download audio file

Een van die dinge wat gebeur as ons so besig raak met die geharwar van die lewe, is dat ons ophou om op God te vertrou. En dit is ‘n massiewe fout.

Dit het al met my gebeur, sekerlik ook met jou! Ons het in God geglo, maar ons het ophou glo dat Hy intiem by óns lewens betrokke is. Ons het vergeet dat Hy ons liefhet en dat Hy ‘n kragtige verskil in ons lewens wil maak.

Die mens het die behoefte om op iets of iemand te vertrou. Ons vertrou maklik op ander mense, of op ons eie krag of op ons bankbalans of op ons toekomsplanne… asof een van hulle net so betroubaar soos God self is! Laat ek jou dus vra: hoe goed het dit in die verlede vir jou gewerk?

Jeremia 17: 5 en 6 So sê die Here: Daar rus ‘n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai; hy is soos ‘n kaal bossie in droë wêreld wat nooit water kry nie; ‘n bossie wat in ‘n klipwoestyn staan, in ‘n brak wêreld waar niemand woon nie.

Ek kan maklik aansluiting vind by daardie kaal bossie. Daar was tye wat ek dit in die praktyk vergeet het, alhoewel ek geweet het dat God getrou is, dat Hy altyd daar is, gewillig is en in staat is om deel van my lewe te wees. Ek het nie my lewe geleef asof dit waar is nie. En dit sou ek bestempel as die definisie van ‘n proses waar jy ophou om op die Here te vertrou.

Jy beland in ‘n klipwoestyn … in ‘n brak wêreld en jy vergeet heeltemal van die goeie dinge wat God kan gee. Vertrou op die Here en moenie daar beland nie!

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.