... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer ons Waag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Tessalonisense 3:3,4 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. Verder gee die Here ons sekerheid oor julle, dat julle dit wat ons vra, doen en sál doen (NLV).

Die nuwe jaar is ‘n wonderlike geleentheid om weg te draai van die een ding in jou lewe wat jy weet verkeerd is. Maar net wanneer jy in geloof jou rug daarop keer, lê die ou duiwel reg om in te spring.

Ons praat hier van bekering. Dit beteken om op te hou om dít wat ons weet verkeerd is, te doen. Raak ontslae van daardie klippie in jou skoen wat jou die hele tyd laat struikel. 

Die besluit om God bo alles in jou lewe te stel, is ‘n radikale stap. Een wat nie ongemerk in die koninkryk van duisternis sal verby gaan nie. Moenie ‘n fout maak nie, as jy jou met ‘n opregte hart van die sonde bekeer, tree die duiwel in. Hy sal jou meer as gewoonlik pla. Dis net hoe dit werk. Maar kyk wat staan in:

2 Tessalonisense 3: 3 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar.

Die getrouheid van God is die enigste ding in hierdie wêreld wat ons nooit sal teleurstel nie, want dit misluk nooit nie. God se getrouheid is rotsvas en ewig. En as Hy sê – soos Hy hier deur sy Woord sê – dat Hy jou die krag sal gee en jou teen die Bose sal beskerm, dan is dit presies wat Hy sal doen. Trouens, die apostel Paulus gaan voort in:

2 Tessalonisense 3: 4 Verder gee die Here ons sekerheid oor julle, dat julle dit wat ons vra, doen en sál doen.

Hier aan die begin van die nuwe jaar is die gulde geleentheid om jou van die een ding in jou lewe, wat jy weet verkeerd is, te bekeer. Neem die uitdaging aan met die volle vertroue, dat God jou krag sal gee en jou sal beskerm as die duiwel jou op sleeptou wil neem.

Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.