... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Finale Bestemming

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 15:35,36 Maar iemand kan vra: Hoe word die dooies opgewek? Watter soort liggaam sal hulle hê? Dis 'n dom vraag! Wat jy saai, kom nie tot lewe tensy dit eers sterwe nie.

Listen to the radio broadcast of

Jou Finale Bestemming


Download audio file

Ons beleef daagliks soveel bekommernisse, sorge, spanning en druk in die lewe. Maar weet jy, hulle neem soveel aandag in beslag en steel soveel energie van ons; maar eendag … eendag, sal hulle almal weg wees.

Hoe dit eendag vir jou sal eindig, hang eenhonderd persent daarvan af óf jy kies om jou vertroue in Jesus te plaas, óf nie.

Die meeste van ons weet dat Jesus die gawe van die Ewige Lewe belowe het aan diegene wat hul vertroue in Hom stel. Maar ek en jy het albei al vriende en geliefdes verloor. Ons was by hul begrafnisse. Die een dag is hulle nog hier en die volgende dag is hulle ‘n koue lyf in ‘n houtkis.

In teorie klink “ewige lewe” so eenvoudig om in te glo, maar laat ons heeltemal eerlik wees, in die praktyk is dit ‘n baie moeilike ding om heeltemal mooi te verstaan.

Ons weet dat wanneer ons sterf, ons liggame óf veras word, óf verweer in ‘n kis in die grond. Maar hoe werk hierdie opstanding en ewige lewe? Die apostel Paulus, soos ons onlangs opgemerk het, wend hom dikwels tot ‘n taamlik direkte, styl – hy draai nie doekies om nie. Kyk hoe direk spreek hy hierdie vraagstuk aan in:

1 Korintiërs 15:35,36 Maar iemand kan vra: Hoe word die dooies opgewek? Watter soort liggaam sal hulle hê? Dis ‘n dom vraag! Wat jy saai, kom nie tot lewe tensy dit eers sterwe nie.

Dis ‘n baie praktiese beeld – die idee van saad wat lyk asof dit dood is, maar dan ‘n plant voortbring. Ons sal môre meer daaroor gesels. Maar kom ons hou dit vir die oomblik eenvoudig. As jy in Jesus glo, dan is daardie onvermydelike kis nie jou uiteindelike bestemming nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.