... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ware Vrede

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 26:2 - 4 Maak oop die poorte dat die nasie wat gered is, kan ingaan, die nasie wat aan God gehoorsaam is en wat op Hom vertrou. Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel. Vertrou altyd op die Here, want die Here God is 'n veilige toevlug.

Listen to the radio broadcast of

Ware Vrede


Download audio file

Vrede is iets wat ons almal wil hê. Hoe klink ‘n lewe sonder spanning en stres? ‘n Lewe vry van onmoontlike uitdagings en bedreigings? ‘n Lewe vry van konflik en verraad? Dis net wat ons nodig het. Vrede. . . 

Maar dis nie hoe die lewe altyd verloop nie, nè? Daar is spanning en dreigemente; ‘n verbete stryd om te voer. . .En hoewel ons aan die een kant weet dat God ‘n getroue God is, dink ek dat ons dit te dikwels in die hitte van die stryd vergeet, of hoe? Maar kyk wat staan in:

Jesaja 26: 2-4 Maak oop die poorte dat die nasie wat gered is, kan ingaan, die nasie wat aan God gehoorsaam is en wat op Hom vertrou. Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel. Vertrou altyd op die Here, want die Here God is ‘n veilige toevlug.

Kan ek jou vra, vertrou jy dat God jou sal red as dit moeilik gaan? Steun jy op Hom? Vertrou jy Hom volkome en weet jy in die diepste van jou wese dat Hy sonder twyfel aan jou kant is?

Dit klink dit amper aanmatigend. Maar weet jy, dit is presies wat Hy wil hê ons moet doen. Dit is tog presies wat elke liefdevolle vader vir sy kind wil gee. 

Ek wil beslis hê dat my kinders moet weet dat hulle altyd na my toe kan kom. Dit maak nie saak wat nie; ek sal daar wees vir hulle. Wat van jou?

God beloof ons in sy Woord, dat wanneer ons Hom vertrou, Hy ons ware vrede sal gee. As ons onder moeilike omstandighede op God steun, sal Hy ons altyd ‘n plek van veiligheid gee.

As ons te midde van ons teëspoed op Hom vertrou, ontvang ons ware vrede. Ons is vir ewig veilig in sy hande. Hy gee vrede en veiligheid te midde van die stryd. Dis Sy belofte aan jou vandag. Dis Sy seën vir jou vandag.

En dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.