... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat beteken God se Heerlikheid?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

Ons weet intuïtief wat ‘eer en heerlikheid’ beteken, maar as ek jou sou vra om ‘n eenvoudige definisie daarvan te gee, wat sou jy sê? 

Ons kan maklik aan praktiese voorbeelde dink. Ons dink aan ‘n sokkerspan wat ‘n groot eindstryd wen; ‘n atleet wat ‘n goue medalje verower; ‘n tennis ster wat ‘n ‘Grand Slam’-toernooi in die hitte van die somerson wen … en ons sien hoe hulle op die podium staan en groot eer ontvang.

Maar wat beteken die woorde ‘eer en heerlikheid,’ as dit by God kom? Het die eer en heerlikheid van God enigiets met ons alledaagse lewens te doen? Wat beteken dit vir ons, met al die uitdagings wat ons in die gesig staar, met die sleur van ons daaglikse lewe?

Wel, miskien is dit een van die redes waarom Jesus na hierdie aarde gekom het. Kyk wat staan in:

Johannes1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

Vir ‘n lang tyd het hierdie vers nie eintlik vir my sin gemaak nie. Maar toe ek verstaan dat dit verwys na die tyd toe God by sy volk, Israel, in die woestyn ‘gewoon’ het, het dit vir my duidelik geword. God het vir veertig jaar sy volk gelei as ‘n wolkkolom bedags, om sy volk teen die son te beskerm, en ‘n vuurkolom snags, om hitte en lig te gee. Daardie woord “gewoon” beteken eintlik “getabernakel” soos Hy in die tent, die tabernakel in Moses se tyd, teenwoordig was.

En hoe beter ek Hom leer ken, hoe meer beskerm sy skadu my teen die ongenadige hitte van die son. En soos sy vuur vir my in die koue verhit en sy Lig op my donker kolle skyn, hoe meer oorstroom die heerlikheid van God die dieptes van my siel. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.