... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat is God se Plan?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Levitikus 26:11,12 Openbaring 21:3 Ek sal by julle woon en nie 'n afsku van julle hê nie. Ek sal by julle bly en julle God wees, en julle sal my volk wees. Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God.

Listen to the radio broadcast of

Wat is God se Plan?


Download audio file

Ek weet nie of jy ook so voel nie, maar soms voel dit asof die lewe net doelloos voortwoed… totdat jy wakkerskrik en begin wonder waarheen is alles op pad? Wat is die doel van die lewe?

Het jy al ooit gewonder of God inderdaad God is, of Hy die hele heelal geskep het en ons daarin geplaas het? Het jy jouself al afgevra presies waarom Hy dit gedoen het? Wat was die doel daarvan?

Aan die begin van die Bybel, maak Hy ‘n belofte aan sy mense en sê Hy in:

Levitikus 26:11,12 Ek sal by julle woon en nie ‘n afsku van julle hê nie. Ek sal by julle bly en julle God wees, en julle sal my volk wees.

Dit is nogal ‘n groot belofte. In daardie dae het die sogenaamde gode, wat al die ander nasies aanbid het, in tempels gewoon. Jy moes na hulle toe gaan. Maar hier belowe God dat Hy by sy mense sal wees, dat Hy ‘n hegte verhouding met hulle sal hê. Dit is sy belofte.

En weet jy, aan die einde van die Bybel in die tweede laaste hoofstuk van die boek Openbaring, kry ons ‘n blik op wat vir elkeen wat in Jesus glo, wag. Ons lees in:

Openbaring 21:3 Toe het ek ‘n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God.

En wat van alles tussenin; die geskiedenis en ons eie lewens? Hulle is deel van die wonderlike reis wat strek vanaf God se belofte, tot die vervulling daarvan. Wat ‘n kragtige belofte. Wat ‘n ongelooflike einde.

Ek sal jou God wees, en jy, jy sal my volk wees.

Dit is God se plan! Dit is die doel van alles.

En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge