... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat kies jy? Hemel of Hel?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 7:21-23 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”

Listen to the radio broadcast of

Wat kies jy? Hemel of Hel?


Download audio file

Ek het ‘n rukkie gelede in die kerk gevra dat die mense ‘n hand moet opsteek as hulle saamstem met een van die volgende drie stellings oor hulle geloof: dat ons slegs deur geloof gered word, of dat ons gered word deur ons dade, of deur ‘n kombinasie van geloof en werke. En jy, wat glo jy?

Ek is nie iemand wat sommer bang word nie. Maar hierdie een ding maak my bang – dat kerke vol mense is, wat in Jesus glo en tog hel toe gaan.

Sjoe, dit is ‘n verregaande ding om te sê, is dit nie? Dit staan lynreg teenoor wat die meeste Christene glo, naamlik dat ons gered word deur God se genade, deur ons geloof in Jesus Christus. Hoe kan dit dan wees dat iemand wat getuig van geloof in Jesus, hel toe kan gaan?

Wag nou,  voordat jy vir my kwaad word, laat ons kyk wat Jesus hieroor sê in:

Matteus 7:21 Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.

Eina! Eina! Ek het al gehoor dat mense dit op allerhande verskillende maniere probeer verklaar … maar ek het in die Bybelkollege geleer dat jy moet lees wat daar staan! Dis altyd die betroubaarste manier om te verstaan ​​wat God probeer sê. En as ons hierdie verse lees, is dit absoluut voor die hand liggend. Om die waarheid te sê, as jy die volgende paar verse lees, word dit nog pynliker.

 Matteus 7:22-23 Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”

Dit is baie duidelik, is dit nie? Leef ‘n lewe wat God eer.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge