... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat Sal Jy Doen om te Wen?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Daniël 12:3 Die verstandige leiers sal skitter met die glans van die hemel self, en dié wat baie mense op die regte pad gelei het, sal vir altyd skitter soos die sterre.

Ek wil jou graag vandag vra: Watter invloed het jy op hierdie wêreld, op die lewens van die mense om jou? ‘n Goeie invloed, ‘n matige invloed of ‘n slegte invloed? Watter nalatenskap gaan jy eendag agterlaat?

Dit lyk asof die lewe vol kompromieë is … tussen byvoorbeeld om jou doelwit te bereik of die regte ding te doen. Die keuse lê tussen die bereiking van jou doelwit en jou eerlike gedrag teenoor mense.

Dit is maklik om te wen, as jy bereid is om bo-oor ander te loop om daar te kom; as jy hier ‘n kortpad vat; daar ‘n kompromie aangaan; ‘n bietjie bedrieg; net ’n bietjie meer druk uitoefen.

Maar wat sê jy hierdeur vir die mense om jou; vir jou huweliksmaat, vir jou kinders, vir die mense wat na jou opsien vir leiding, vir jou medewerkers? As dit is hoe jy jou lewe lei, hoe graag sal hulle saam jou oorwinning vier wanneer jy wen?

Daniël in die Ou Testament was iemand wat daarin geslaag het om te wen, sonder om daardie kompromieë aan te gaan. Hy was ongelooflik suksesvol. Hy het nie sy beginsels ingeboet nie, hy’t nie op mense getrap nie, maar gedoen wat reg was.

Daniel 12: 3 Die verstandige leiers sal skitter met die glans van die hemel self, en dié wat baie mense op die regte pad gelei het, sal vir altyd skitter soos die sterre.

Wat is wysheid? Wel, in die konteks van Daniël se lewe, het dit beteken om te wen en om suksesvol te wees deur die regte ding te doen. Deur God te eer. Deur Hom eerste te stel. Daniël het geweier om ‘n kompromie aan te gaan . . . selfs waar sy lewe in gevaar was. 

Ek is seker dat jy ook oor die jare een of twee mense soos Daniël in jou lewe gehad het. Hulle troon bo almal uit, nie waar nie? Jy respekteer hulle. Hulle skitter soos sterre.

Nou-ja, die vraag is: Is ek, of jy een van daardie sterre?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.