... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Watter Jesus Volg Jy?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 11:3,4 Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang. Ek sê dit omdat julle so maklik daarmee genoeë neem as iemand 'n ander Jesus kom verkondig as wat ons verkondig het, en julle neem net so maklik 'n ander gees en 'n ander evangelie aan as dié wat julle van ons ontvang het.

Listen to the radio broadcast of

Watter Jesus Volg Jy?


Download audio file

Weet jy dat daar in Jesus se tyd in Israel baie ander manne was wat beweer het dat hulle die Messias is, wat deur God gestuur is om Israel te red?

Dit was verwarrend vir die Jode, wat wanhopig gewag het op die Messias wat in die Skrif beloof is. Hulle het nie geweet watter een die ware Messias is om te glo en te volg nie.

Dit is vandag in baie opsigte dieselfde. Baie van die dinge wat Jesus gesê het, was onpopulêr. In Johannes 6:66 word ons vertel dat dit die rede was waarom baie mense opgehou het om Hom te volg.

Hierdie onpopulêre dinge, veroorsaak soms heftige besware teen die idee dat Jesus die Één is. Vra maar vir enige ateïs, en hy sal heelwat besware kan aanteken. Dis presies wat ons van ‘n ateïs sou verwag. Maar wat ons nie verwag nie, is dat sekere Christene Jesus tot ‘n baie meer … aanvaarbare karakter wil verander.

Soos een kommentator geskryf het, Selfs belydende Christene misken God se goddelikheid. Vir baie het Christus ‘n ‘pop’ -Jesus geword wat met sy selfoon agteroor lê en ‘Sports Illustrated’ lees.

Maar selfs dit is niks nuuts nie. Kyk wat skryf Paulus aan die kerk van die 1ste eeu in:

2 Korintiërs 11: 3 en 4 Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang. Ek sê dit omdat julle so maklik daarmee genoeë neem as iemand ‘n ander Jesus kom verkondig as wat ons verkondig het, en julle neem net so maklik ‘n ander gees en ‘n ander evangelie aan as dié wat julle van ons ontvang het.

In watter Jesus glo jy? Watter Jesus volg jy?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.