... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Lief Vir Mekaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 13:34,35 Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

Listen to the radio broadcast of

Wees Lief Vir Mekaar


Download audio file

Om vir mense waarvan jy hou, lief te wees, is redelik maklik – selfs al is daar ‘n paar stampe en stote langs die pad. Maar om vir mense waarvan jy nie hou nie, lief te wees … Ek weet darem nie. Moet ek regtig? Móét ek? Jy verstaan mos dis nie maklik nie.

Ons word minstens dertien keer in die Nuwe Testament vertel om mekaar met ‘n onvoorwaardelike, onfeilbare liefde lief te hê. Ons lees wat Jesus daaroor gesê het in:

Johannes 13:34,35 Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

Ja, daar word verseker al in die Ou Testament vir ons vertel hoe ons mekaar moet behandel, maar Jesus gee dit ‘n skerp, nuwe fokus. Dit is so ingrypend, dat Hy dit “’n nuwe gebod” noem. Jesus beveel jou om God met alles wat jy is, lief te hê en om jou naaste soos jouself lief te hê. Hierdie nuwe gebod vat die hele Joodse wet en die geskrifte van die Profete saam.

Trouens, ons liefde vir mekaar moet so groot wees soos die liefde van Jesus, wat bereid was om vir ons te sterf; want dis die kenmerk van ‘n ware Christen.

“As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is”. 

Hierdie is nie ‘n blote teorie-les nie. Nee, dit vertel ons hoe om ons lewens te leef; hoe ek en jy vir diegene rondom ons moet liefhê. Dit is maklik om selfs traag te word in ons liefde teenoor mense waarvan ons regtig hou. Maar jy weet tog hoeveel meer inspanning dit vra om diegene, van wie ons nie hou nie, diegene wat ons sleg behandel, diegene wat ons verafsku, lief te hê.

Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê..

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy