... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Net Daar …

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Samuel 1:6-8 Dan het die ander vrou haar baie gespot en verneder omdat die Here haar kinderloos laat bly het. So het dit jaar vir jaar gegaan: elke keer as Hanna in die huis van die Here gaan offer het, het Peninna haar gespot, sodat sy gehuil het en nie wou eet nie. Dan sê haar man Elkana vir haar: “Hanna, waarom huil jy? Waarom eet jy nie en waarom is jy hartseer? Is ek nie vir jou meer werd as tien seuns nie?”

Listen to the radio broadcast of

Wees Net Daar …


Download audio file

As iemand anders seer het, is ons natuurlike neiging – en ek praat hier namens die manne – om die probleem op te los. Ons wil met ‘n oplossing voor ‘n dag kom en indien ons nie kan nie, dan kry ons ‘n logiese rede om die probleem opsy te skuif. En.. hoe goed het dit tot dusver vir jou gewerk?

Ons gaan vandag voort met die verhaal van Hanna, die kinderlose vrou wat met teleurstelling en vernedering geleef het. Soos baie kinderlose vrouens jou sal kan vertel, was daar ‘n biologiese en emosionele leemte in haar lewe; wat net deur een ding gevul kon word: ‘n kind van haar eie. Kom kyk in:

1 Samuel 1: 6-8 Dan het die ander vrou haar baie gespot en verneder omdat die Here haar kinderloos laat bly het. So het dit jaar vir jaar gegaan: elke keer as Hanna in die huis van die Here gaan offer het, het Peninna haar gespot, sodat sy gehuil het en nie wou eet nie. Dan sê haar man Elkana vir haar: “Hanna, waarom huil jy? Waarom eet jy nie en waarom is jy hartseer? Is ek nie vir jou meer werd as tien seuns nie?”

Ons het gister op Peninna, die ander vrou, die ongenadige vrou, gekonsentreer. Ons het ook gesien hoe Elkana vir Hanna probeer liefhê. Maar… mans, mans, luister tog – hy was eenvoudig onnosel!

 “Hanna, waarom huil jy? Waarom eet jy nie en waarom is jy hartseer? Is ek nie vir jou meer werd as tien seuns nie?”

Ag nee, Elkana! Is dit nou die regte manier om haar te troos? Dit draai dan alles om jóú!

Komaan ouens, die laaste ding wat sy te midde van haar diep seer nodig het, is selfgesentreerde manlike logika. Wat sy nodig het, is net dat jy daar is. Sy het net nodig dat jy dít verstaan. Sy het net nodig dat jy haar beskerm en vashou. Dis al.

Dit is God se Woord. Vars… vir jou… vandag.