... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Verstandig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 19:11 'n Verstandige mens beteuel sy humeur en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees.

Listen to the radio broadcast of

Wees Verstandig


Download audio file

Mense beledig gereeld ander mense en wanneer óns die slagoffer van ‘n belediging is, voel ons verneder en kry ons seer, nie waar nie? En iets binne-in ons wil met hulle afreken. Maar pasop, jy is op ‘n gevaarlike plek.

Een manier om op te tree, is om terug te veg. Afhangend van jou persoonlikheidstipe, sal jy miskien onmiddellik terugveg of miskien doen jy dit soos die ou duiwel dit doen; jy wag vir die beste geleentheid om deeglik wraak te neem.

Ander mense kruip in hulle dop terug waar hulle wroeg oor die seer; hulle word bitter en verwronge en verval in passief-aggressiewe gedrag.

Hoe dit ook al sy, wanneer jy woede in jou hart koester, is jy op ’n baie gevaarlike plek, want jy verloor jou logiese perspektief. Het jy al ooit opgelet dat ‘n mens nie jou weerkaatsing in kookwater kan sien nie? Op dieselfde manier kan jy nie in ‘n toestand van woede die waarheid raaksien nie. Dit is eers wanneer die water kalm is, dat helderheid kom. Dit is waarom dit so gevaarlik is om uit woede op te tree.

Spreuke 9:11 ‘n Verstandige mens beteuel sy humeur en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees.

Wat God hier sê, is dat ons met dure ervaring leer hoe om mense met geduld te hanteer wanneer hulle ons beledig. Maar let op: hier praat Hy nie van jou geduld terwyl jy besig is om jou wraak te beplan nie. Dit gaan ook nie daaroor om soos ‘n vloerlap behandel te word en om die stille martelaar te speel nie.

Nee my vriend. Dit vereis goddelike geduld om jou humeur te beteuel. Jy word sterker, hoe meer jy van God se wysheid uitleef, al is dit soms moeilik. En hoe sterker ons word, hoe makliker kry ons dit reg om beledigings heeltemal te ignoreer. Laat die Heilige Gees hierdie versie op jou hart graveer:

‘n Verstandige mens beteuel sy humeur en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.