... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wie Gaan Jy Vertel?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 5:18,19 Toe Hy in die boot klim, het die een wat deur demone besete was, Hom gesmeek om by Hom te kon bly. Hy het hom nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: “Gaan na jou huis, na jou mense, en vertel hulle alles wat die Here vir jou gedoen het en dat Hy medelye aan jou betoon het.” (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Wie Gaan Jy Vertel?


Download audio file

Wanneer Jesus magtige, kragtige dinge in ons lewens doen, is ons eerste, verstaanbare reaksie om Hom te loof en te dank. Maar vreemd genoeg is daar nog iets, wat Hy wil hê ons moet doen.

Jesus het een keer op ‘n man afgekom wie se lewe ‘n absolute gemors was. Luister hier wat staan in:

Markus 5:1-5 Hulle het aan die oorkant van die see aangekom, in die gebied van die Geraseners. Net toe Hy uit die boot klim, het ‘n man met ‘n onrein gees, Hom skielik uit die rotsgrafte tegemoet gegaan. Hierdie man se blyplek was tussen die rotsgrafte. Niemand kon hom meer vasbind nie, selfs nie met ‘n ketting nie. Hy was trouens al dikwels met voetboeie en kettings vasgebind, maar hy het die kettings losgeruk en die voetboeie stukkend gebreek. Niemand kon hom beheer nie. Heeltyd, bedags en snags, het hy tussen die rotsgrafte en op die berge homself al skreeuende met klippe geslaan. (AFR20)

Jesus het die demone uitgedryf en die man was vry. Jesus het die demone beveel om in ‘n trop varke te gaan, wat toe op hulle beurt dadelik van ‘n krans af gehardloop het. Die inwoners was verskrik en hulle het Jesus gevra om weg te gaan.

In Markus 5:18,19 staan: Toe Hy in die boot klim, het die een wat deur demone besete was, Hom gesmeek om by Hom te kon bly. Hy het hom nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: “Gaan na jou huis, na jou mense, en vertel hulle alles wat die Here vir jou gedoen het en dat Hy medelye aan jou betoon het.” (AFR20)

In plaas daarvan om daardie dag ‘n entoesiastiese nuwe dissipel te werf, het Jesus hom teruggestuur na die mense wat HOM daardie dag verwerp het, met die opdrag om hulle van God se genade te vertel.

Vir wie wil God hê moet jy vandag gaan vertel van die magtige dinge wat Hy in jou lewe gedoen het? Gaan.

Vertel hulle van alles wat die Here vir jou gedoen het. Vertel vir hulle hoe goed die Here vir jou was.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge