... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wie is Jou Rolmodel?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 3:17 Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel.

Listen to the radio broadcast of

Wie is Jou Rolmodel?


Download audio file

Ek dink nie daar is een van ons wat nie ‘n beter lewe wil hê nie. Ek praat nie net van wêreldse dinge soos gemak en sukses nie. Natuurlik is dit lekker om gemak en sukses te hê. Maar vandag praat ons van “‘n beter lewe” as innerlike veranderinge; veranderinge ín ons.

Wanneer jy terugdink oor die afgelope week, het jy sekerlik ‘n paar, kom ons noem hulle maar stampe en stote langs die pad, gehad? Dinge wat nie heeltemal verloop het soos jy dit wou hê nie. Ja, dinge wat wrywing veroorsaak het, wat seergemaak het. Dinge wat – as jy dit anders kon gedoen het – heeltemal anders sou gelyk het.

En as ons pynlik eerlik wil wees, sal ons elkeen moet erken dat ons beslis ook ‘n aandeel in daardie omstandighede gehad het. Dit is waarom daardie “beter lewe” impliseer dat ons moet leer, verander en ons swakhede en mislukkings te bowe moet kom.

Weet jy dat praktiese kennis nie in klaskamers geleer word nie. Daarom dat aspirant skrynwerkers, byvoorbeeld, ‘n vakleerlingskap by ‘n meester doen sodat hulle die praktiese vaardighede van hul ambag, in die werkplek kan aanleer. 

Hulle werk by meer ervare skrynwerkers en volg hulle voorbeeld, oor en oor, totdat hulle die vaardigheid bemeester het. Dit is oor die algemeen dieselfde in die lewe. Dit is hoe die apostel Paulus dit aan sy vriende in Filippi gestel het:

Filippense 3:17 Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel.

Oor die jare, op my reis saam met Jesus, was baie van wat ek geleer het, indiensopleiding – om te kyk hoe diegene wat wyser en meer volwasse as ek is, saam met Jesus stap. Ek het gesien hoe hulle onder druk reageer en ek is deur hulle nederigheid en hulle godsaligheid geïnspireer.

‘n Mens noem hulle mentors, of rolmodelle en hierdie mense speel ‘n ontsettende belangrike rol in ons lewens.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.