... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wie is Regtig God se Kinders?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 1:11,12 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word

Listen to the radio broadcast of

Wie is Regtig God se Kinders?


Download audio file

Ek sit nou die dag in ‘n Bybelstudie saam met ‘n klomp mense wat ek nog nie so goed ken nie, toe een vrou verklaar: “Ons is almal kinders van God. Elke mens is deur Hom geskape.” Is sy reg, of nie? Wie is die kinders van God?

Dit is waar dat elke mens wat ooit geleef het, na die beeld van God geskape is. Dit staan in die eerste hoofstuk van die Bybel (in Genesis 1:27, indien jy belangstel). Maar beteken dit dat die ongeveer agt miljard mense op aarde, plus almal wat al dood is, kinders van God is?

Dit is beslis wat die wêreld ons wil wysmaak. God is immers ‘n liefdevolle God en Jesus het alle mense liefgehad en aanvaar. Natuurlik is ons almal kinders van God! Dit maak nie saak hoe jy by Hom uitkom nie – en daar is baie verskillende maniere, baie verskillende godsdienste, baie verskillende interpretasies – maar Hy sal jou aanvaar net soos jy is, ongeag hoe jy glo. Dit is die wêreld se beskouing van ‘n liefdevolle God. Maar wat sê Hy?

Johannes 1: 11 en 12 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.

Daar is ‘n skerp kontras tussen diegene wat Jesus verwerp het en diegene wat in Hom geglo het, nè? Ek kan maklik dink dat Jesus in die eerste eeu baie teëstand ervaar het. Hy was radikaal en Hy het die godsdienstige hiërargie openlik uitgedaag. Dit was destyds nie so maklik om in Hom te glo nie.

Sover ek kan sien, is dit steeds die geval, want ons moet teen die stroom van hierdie wêreld op swem, om Hom te volg. Maar aan diegene wat in Hom glo, gee Hy die reg om kinders van God te word.

Die vraag vir elkeen van ons is dus: is ek ‘n kind van God?

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.