... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wie se Plig is Dit?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 3:17 God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.

Listen to the radio broadcast of

Wie se Plig is Dit?


Download audio file

Ek weet nie van jou nie, maar soms kyk ek na alles wat in hierdie wêreld aangaan – hoe mense optree en die rigting wat dinge inslaan – en ek dink by myself, dis klaarpraat met hierdie ou wêreld van ons!

Ja my vriend, is dit nie maklik om ontnugter, krities en veroordelend te raak oor daardie “spul sondaars daar buite” nie? Ons wil op ons teologiese perdjie klim en kla oor hierdie groep; hulle verdoem en vra dat God hulle in die hel moet toesluit.

Ja, ek weet, miskien is dit ‘n bietjie kras gestel; maar is dit nie hoe ons soms voel nie? En so, het menige Christen, menige persone wat hulself as dissipels van Jesus Christus beskou, ‘n siek, veroordelende houding. Dit het hulle óf laat stry met alles en nog wat, óf laat terugtrek in hul heilige ou kringetjie om hulle te beskerm teen daardie “spul sondaars daar buite” – asof Christene op die een of ander manier heilig is.

Maar is dit regtig ons werk? Is dit werklik wat Christus van ons vra?

Johannes 3:17 God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.

Kom ons stop net en dink vir ‘n oomblik daaroor na. As Jesus nie gekom het om die wêreld te veroordeel nie, dan is dit seker ook nie ons werk nie. En as Jesus gekom het om die wêreld te red … nou ja, miskien is dit waarmee ons ook besig moet wees.

Natuurlik is dit maklik om oor almal en alles te mor en te kla! Maar ek is redelik seker dis nie hoekom God jou op hierdie aarde geplaas het nie. Ons werk is nie om die wêreld te veroordeel nie. Ons taak is om dit te red.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.