... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wie Verdien God se Seën?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 11:27, 28 Terwyl Jesus nog besig was om te praat, het 'n vrou uit die menigte hardop uitgeroep en vir Hom gesê: “Hoe bevoorreg is die vrou wat U in haar liggaam gedra en aan haar bors gevoed het!” Maar Hy sê: “Nog meer bevoorreg is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou.”

Listen to the radio broadcast of

Wie Verdien God se Seën?


Download audio file

Ons begeer almal God se seën. Is dit waar dat ons almal wat in Jesus glo, outomaties geseënd is? Laat ek jou hier ‘n eenvoudige vraag vra: Is jy volgens Jesus, ‘n geseënde van God, of nie?

Wel, is jy? Wees nou versigtig, want ek vra nie of jy geseënd is of nie. Ek vra jou nie of jy geseënd voel nie. Ek vra jou nie om ‘n bestekopname van jou omstandighede en jou emosies te maak nie. Ek vra jou ook nie om vir my te vertel van die vlak van God se seën wat jy op hierdie oomblik beleef nie. Laat my duidelik wees, dit is nie wat ek vra nie.

Wat ek vra, is of jy volgens die Here – die Jesus van die Bybel – volgens wat Hy sê, deur God geseënd is of nie.

Ek weet wat jy dink terwyl jy daar sit en jou kop skud. Waaroor is die simpel ou besig om te karring? Hier is die antwoord in:

Lukas 11: 27 en 28 Terwyl Jesus nog besig was om te praat, het ‘n vrou uit die menigte hardop uitgeroep en vir Hom gesê: “Hoe bevoorreg is die vrou wat U in haar liggaam gedra en aan haar bors gevoed het!”

Maar Hy sê: “Nog meer bevoorreg is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou.”

Natuurlik is daar geen twyfel dat Maria, Jesus se moeder, geseënd was nie. Nogtans skok Jesus, soos wat net Hy kan, almal met ‘n onverwagte wending wat die voorwaarde vir seën tot ‘n heel nuwe vlak verhef.

Jesus sê dié wat geseënd is … is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou.”

Laat ek jou weer dieselfde vraag vra: is jy volgens Jesus, geseënd?

Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Because that’s His Word. Fresh … for you … today.