... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wispelturige Aanhangers

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 2:23-25 Terwyl Jesus vir die viering van die paasfees in Jerusalem was, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy doen. Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet het hoe hulle almal is. Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van 'n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is.

Listen to the radio broadcast of

Wispelturige Aanhangers


Download audio file

Omdat ons sosiale wesens is, hou ons daarvan dat ons verhoudings rustig en sonder spanning moet wees. Dit behels dikwels dat ons ander mense tevrede wil hou en dat hulle dieselfde met ons wil doen. Maar hierdie proses waar almal mekaar die hele tyd tevrede wil stel, kan heeltemal te ver gevoer word.

Jy weet hoe verhoudings veronderstel is om te werk: Daar moet ‘n balans tussen gee en neem wees. As ons dit regkry, is daardie verhoudings bevredigend en lonend, nè?

Maar geleidelik kan die verwagtinge van die ander persoon so groot word, dat dit jou hele lewe oorheers. Ons hou almal daarvan om erkenning te ontvang, maar voordat ons dit agterkom, is ons besig om na iemand anders se pype te dans; amper soos ‘n marionet waarvan ander feilbare mense die toutjies trek. Jesus kon deeglik getuig van hoe verraderlik mense is:

Johannes 2:23-25 Terwyl Jesus vir die viering van die paasfees in Jerusalem was, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy doen. Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet het hoe hulle almal is. Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van ‘n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is.

Hy het geweet Hy kon hulle nie vertrou nie. Hy het geweet dat Hy kort daarna deur daardie einste aanhangers verraai gaan word. Hulle was opgesweep en woedend, hulle het Hom geslaan en geskree: “Kruisig Hom! Kruisig Hom!”

Weet jy, dit maak nie saak hoe oulik en populêr jy op die oomblik is nie; jou aanhangers is ‘n ongelooflik wispelturige spul. Hulle gedrag word bepaal deur hoe hulle voel en wat hulle wil hê en jy sal dikwels deur jou eie honde gebyt word. 

Natuurlik, is dit lekkerder om ‘n pluimpie te ontvang en op die skouer geklop te word, maar wees soos Jesus. Onderskei wat in mense se harte is. Weet wanneer hulle motiewe suiwer is en wanneer nie.

Moenie lewe om deur die skare toegejuig te word nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.