... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Woord of Wêreldse Dinge

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 40:8 Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig.

Listen to the radio broadcast of

Die Woord of Wêreldse Dinge


Download audio file

Die wêreld waarin ons vandag leef, het soveel verander van die wêreld wat ons selfs net twintig jaar gelede geken het – dink net aan die tegnologie, globalisering, mense se houdings, moraliteit … die manier waarop ons werk, hoe ons vermaak word…Ja, dit is ‘n heel ander wêreld.

Ek het die dekade van die 1970’s op hoërskool en op universiteit deurgebring. Eintlik is dit nie so lank gelede nie. Dit is dus nogal skrikwekkend om te besef dat 1972 so ver in die verlede is, as wat 2072 in die toekoms is. Dink net!!

Ek het onlangs ‘n ou foto gesien van die hoofstraat van my tuisdorp wat in die 70’s geneem is. Die motors en busse lyk so outyds. Die mense se klere, hul haarstyle – alles lyk baie anders as vandag. Dit was ‘n skok. Dit voel dan soos anderdag … dit was tog nie só lank gelede nie!

Daardie foto het my soos ‘n weerligstraal getref en my opnuut bewus gemaak van hoe baie ons houdings verander het. En nou praat ek ook van ons houding teenoor God, en veral teenoor wat Hy deur Sy Woord sê oor wat reg en wat verkeerd is. Die samelewing het so ver van daardie ononderhandelbare waarhede afgewyk… Dis ontstellend, maar baie van die kerke het dit kollektief en individueel ook gedoen. Miskien is dit tyd om ‘n bietjie wakker geskud te word.

Jesaja 40:8 Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig.

Al daardie dinge wat ek nou-nou opgenoem het … dit is soos die blomme en die gras. Modes, houdings en moraliteit sal verander. Tegnologie … wel, wie weet hoe dit selfs oor vyf jaar sal lyk?

Moet dus nie toelaat dat die dinge van hierdie wêreld; dit wat jy kan sien en aanraak en selfs jou gevoelens, jou laat vergeet wat God gesê het nie – want alhoewel die gras verdor en die blomme verwelk, sal die Woord van God vir ewig bly staan.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.