... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Word Vinnig Slim!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke13:1 ‘n Wyse seun laat hom leer deur sy vader, 'n ligsinnige slaan nie eens op dreigemente ag nie.

Listen to the radio broadcast of

Word Vinnig Slim!


Download audio file

Een van die dinge wat ek baie irriterend vind as ek dink oor die opvoeding wat my ouers vir my gegee het, is dat dié dinge wat hulle my probeer leer het toe ek jonk en opstandig was, heeltemal reg was! Dis nogal ‘n ontdekking, nè?

Daar is dinge wat ons ouers oor en oor in ons ingedril het, wat destyds nie sin gemaak het nie; dinge waarvoor ons destyds bloot ons oë gerol het en in ons harte en gedagtes gedink het, “Hulle het geen idee nie!”

Maar weet jy, vreemd soos dit mag klink, het dinge soos om nie my sop te slurp nie; om my stoel na ete in te stoot en om die tafel af te dek sonder dat ek gevra word …. uiteindelik later in my lewe dividende opgelewer. Wie sou dit nou ooit kon gedink het? Beslis nie ek nie!

Spreuke 13:1 n Wyse seun laat hom leer deur sy vader, ‘n ligsinnige slaan nie eens op dreigemente ag nie.

Ek wens ek kon vir jou sê dat ek ‘n wyse seun was, maar ek was nie. Inteendeel, ek was ‘n stadige leerder. Maar soos die jare aangestap het, het ek tot die onvermydelike gevolgtrekking gekom dat hoe vinniger ons lesse leer, en hoe vinniger ons raad aanvaar, hoe beter word die lewe.

Ons het verlede week gesels oor hoe om teregwysing te aanvaar, maar ek wil dit tog weer onderstreep, want om kritiek en regstelling te aanvaar, is maar iets waarmee die meeste van ons sukkel, nè?

Wysheid en trots, is volgens hierdie vers, totale teenoorgesteldes.

’n Wyse seun luister na sy vader se raad, maar ’n trotse seun luister nie na teregwysing nie.

’n Wyse hart is ontvanklik. ’n Trotse hart is geslote. Die lewe word soveel beter wanneer ons leer om teregswysing te aanvaar.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.