... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Beoordeel Jou Dade

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 3:20,21 Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”

Listen to the radio broadcast of

Beoordeel Jou Dade


Download audio file

As ek op ‘n radioprogram ‘n onderhoud met jou kon voer en jou vra om met die gehoor, dié een ding in jou lewe, waarvoor jy jou op die oomblik die meeste skaam, te deel, wat sou dit wees? En hoe maklik sal dit vir jou wees om daaroor te praat?

Mense het geheime, dinge wat hulle gedoen het en regtig met niemand wil deel nie, want hulle weet dat dit verkeerd was; en dat hulle verseker nie vir God daardeur geëer het nie.

Hoe raak jy ontslae van daardie dinge? Hoe bereik jy daardie punt waar daar niks in jou lewe is waaroor jy jou sal skaam indien dit op die lappe sou kom nie?

Johannes 3:20,21 Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”

Die antwoord is dus, soos Jesus sê, dat alles wat jy dink en doen nie vir jou ‘n verleentheid moet wees om dit aan die lig te bring nie. Nouja, beteken dit dat jy jou gedagtes en jou optrede moet beoordeel en jouself moet afvra: sal ek omgee as dit openbaar gemaak word? En as jou antwoord ‘ja’ is; raak ontslae daarvan.

Want dan kan jy inderdaad alles aan die lig bring, en jy weet dis hoe ons almal begeer om te leef, nie waar nie?

Moenie jouself bluf nie. Niks is vir God verborge nie. En op daardie oordeelsdag wanneer ons almal voor Hom staan, sal ons dade openbaar gemaak word.

Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.” Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.