Dié Belofte is Betroubaar
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
Esegiël 36:25-27 “Dan was Ek julle met skoon water, en julle sal skoon wees. Ek maak julle skoon van julle vuilheid en julle afgode. Ek gee julle ’n nuwe hart met die regte begeertes en ’n nuwe gees. Ek vat die ou hart van sonde weg en gee julle ’n nuwe, gehoorsame hart. En Ek gee my Gees in julle sodat julle my voorskrifte sal gehoorsaam en doen wat Ek beveel. (NLV)
Weet jy dat daar vandag baie mense is, vir wie dit ondenkbaar is om hulle lewens aan God oor te gee; om te kies om in gehoorsaamheid aan Hom en vir Hom te lewe? Hulle kan nie aanvaar dat daar in hierdie dag en eeu, tog nog mense is wat dit wil doen nie.
Onlangs is Jess, die dogter van ons dierbare vriende, getroud. My hart het gejubel van blydskap toe sy en haar man hul lewens aan mekaar belowe het. Die vraag wat by baie mense opkom is: Hoekom trou mense vandag nog?
Die antwoord is liefde. Twee het een geword. Die feit dat hulle eksplisiet aan mekaar behoort en nie meer met ander mense sal uitgaan nie, word waarskynlik deur baie jongmense as outyds bestempel. Maar hierdie twee mense sal ‘n volledigheid ontdek, wat hulle nooit gedink het moontlik was nie.
En presies dieselfde is waar wanneer ons ons rug op die wêreld draai en ons eksklusiewe liefde belowe aan hierdie God wat ons so liefgehad het, dat Hy Jesus gestuur het om te ly en te sterf om vir ons sonde te betaal. Vanuit God se perspektief lyk dit so:
Esegiël 36:25-27 “Dan was Ek julle met skoon water, en julle sal skoon wees. Ek maak julle skoon van julle vuilheid en julle afgode. Ek gee julle ’n nuwe hart met die regte begeertes en ’n nuwe gees. Ek vat die ou hart van sonde weg en gee julle ’n nuwe, gehoorsame hart. En Ek gee my Gees in julle sodat julle my voorskrifte sal gehoorsaam en doen wat Ek beveel. (NLV)
En in daardie wonderlike, pragtige eenwording, in daardie oënskynlike beperking, is ‘n volledigheid, ‘n vryheid te vinde, wat nêrens anders beskikbaar is nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.